Om hulde te bring aan Prof Jakes Gerwel deel ons graag foto’s van die Jakes Gerwel-herdenking wat op 23 Novemer 2023 by Youngblood Africa in Kaapstad plaasgevind het. Dr Imtiaz Sooliman (Gift of the Givers) het virtueel ’n roerende lesing oor spiritualiteit gelewer. Ander hoogtepunte van die aand sluit in optredes deur die SU Jazz Trio en Zolani Mahola, sowel as die aankondiging van die ontvanger van die NYC Genootskap, Chase Rhys.
Alle foto’s en video-samestelling deur Jeremeo Le Cordeur
Dr Imtiaz SoolimanDie seremoniemeester vir die aand, Lebo MazibukoLebo MazibukoProf Brian Figaji, voorsitter van die raad van die Jakes Gerwel StigtingStevlyn Vermeulen het die NYC-genoot vir 2024 aangekondig.Chase Rhys, ontvanger van die NYC-genootskap 2024Zolani MaholaZolani MaholaTheo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel StigtingSU Jazz Trio: Melisizwe Plaatjie, Dillon Cornelius & Stuart MartinStuart MartinMelisizwe Plaatjie
Mrs Phoebé Gerwel, founder of the Jakes Gerwel Foundation
Op Vrydag 27 April 2018 het die Jakes Gerwel Stigting in samewerking met Netwerk24 ‘n gesprek oor die toekoms van Suid-Afrika by die Suidoosterfees aangebied. Op die paneel was Jacques Pauw, Sizwe Mpofu-Walsh, Frans Rautenbach en Waldimar Pelser, wat as die gespreksleier opgetree het.
Is daar ’n nuwe beweging in die Afrikaanse digkuns ter sprake? Waaroor skryf ons jong digters en hoe verskil, of word hulle geïnspireer, deur hul voorgangers?
Vyf aspirant-tydskrifverhaalskrywers kwalifiseer vir LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se derde Kommadagga-slypskool, wat van 10 tot 31 Oktober 2022 op […]