Die Jakes Gerwel Stigting (JGG) kondig met groot graagte hul eerste 6-wekelange internasionale genootskap aan wat geskeduleer is om in die eerste termyn van 2024 in die Verenigde State van Amerika in New York plaas te vind.
Hierdie uitsonderlike geleentheid is oop slegs vir skrywers wat al voorheen aan ’n residensieprogram van die Stigting deelgeneem het. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om meestersklasse by die Columbia Universiteit se Kunsskool asook by The New School by te woon en aan te bied. Die finale bevestiging van die genootskap sal afhang van die aanvaarding van die kandidaat deur die komitee by die Kunsskool.
Die Jakes Gerwel Stigting sal die koste van die internasionale vlugte dek, bystand verleen met die visumaansoek en verblyf in New York, met insluiting van per diems (dagtoelae). Die buigsame 6-wekelange genootskap sal binne ’n venstertydperk van middel-Januarie tot einde April 2024 gereël word. Die suksesvolle kandidaat kan oor geskikte begin- en einddatums kan onderhandel.
Daar sal van die verkose skrywer verwag word om ’n 2-uurlange seminaar een maal per week by te woon, die skrywer moet beskikbaar wees vir kantoorkonsultasies vir 2 ure per week en moet geskrewe werk voorskryf en daaroor terugvoer gee. Die kursus moet leesgesentreer wees en van die perspektief van ’n praktiserende skrywer eerder as van ’n akademiese oogpunt aangebied word. Daar sal ook van die genoot verwag word om ’n Saterdag- kreatiewe skryfklas by The New School aan te bied. Bywoning van sosiale geleenthede wat deur die Stigting en sy oorsese vennote gereël word, is verpligtend.
Belangstellende JGS-skrywers moet hul aansoeke teen 14 Augustus per e-pos aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za stuur. Die volgende moet by die aansoek ingesluit word:
- Uitvoerige skrywersbiografie, met insluiting van publikasies en suksesse
- Motiveringsbrief vir die aansoek
- Voorgestelde tema en sillabus van die meestersklasse
Vind meer uit oor die New Yorkse vennote deur op die skakels te klik: