Foto’s: Jakes Gerwel-gespreksreeks by die 2023 Suidoosterfees

Die Jakes Gerwel-gespreksreeks is weer by vanjaar se Suidoosterfees aangebied. Kyk na die foto’s deur Jeremeo le Cordeur.

Die Jakes Gerwel-gesprekreeks is ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, die Afrikaanse Taalraad en die Vriende van Afrikaans.

Dertig jaar na Chris Hani se moord is daar steeds vrae oor hierdie struggle-held. Ayesha Ismail het met Janet Smith en Beauregard Tromp gesels.
Bulelwa Payi in gesprek met Jacques Pauw en Pieter du Toit oor die rol van die ondersoekende joernalis in ’n tyd van ongekende korrupsie.
Zelda la Grange lei die gesprek met Richard Calland en Lawson Naidoo oor die vyf presidente wat ons reeds gehad het in ‘n demokratiese Suid-Afrika.
Vernonique Jephtas het Loit Sōls gepols oor sy nuutste digbundel, Moerstaāl.

Prince Mashele neem deel aan die Jakes Gerwel-gesprekreeks om te praat oor die enigmatiese politieke figuur – Herman Mashabe van Action SA.
Paula van Wyk gesels met David Kramer en Marianne Thamm oor die lewe en nalatenskap van die merkwaardige Taliep Petersen.

Jeremy Topley, die bekende radio-persoonlikheid, vertel hoe Afrikaans hom vleker gegee het.
Haidee Muller-Isaacs gesels openhartig met Ivor Swartz wat vertel oor sy jarelange stryd met depressie. Hieroor skryf hy in sy nuutste boek, Kies die lewe.
Francois Loots en Bettina Wyngaard gesels met Jonathan Amid oor die vreemde en sterk vroue-karakters in hul boeke.