Nati Jong Sterre Program by die 2022 Suidoosterfees

Ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting, DKES en Artscape

Stephren Saayman

Dankie, maar nee dankie!

Met Charlene le Roux, Liandé Valentyn, Chad Abrahams, Meggan Johnstone, Marunzo Thomas en Enrico Hartzenberg

Teks en regie: Stephren Saayman

Taal: Afr

Venue: NATi Arena

Datum en tyd: 30 April 19:00, 1 Mei 10:00

Tydsduur: 55 min

Prys: R100

In ’n gebroke reënboognasie word ’n kompetisie deur die Land van Melk en Heuning-komitee geloods. Drie gesinne in ’n verlate dorpie ding mee om die perfekte coloureds vir die perfekte Suid-Afrika te wees. Pêrelstrate, silwer sjampanje en selfs goue Little Mermaid nipples is op die spel. Maar wat beteken ‘perfekte coloureds’ nou eintlik?

 

Heloïne Armstrong

Maanskyn en dorings

Met Rehane Abrahams, Jill Levenberg en Lynette du Plessis

Teks en Regie: Heloïne Armstrong

Taal: Afr

Venue: NATi Arena

Datum en tyd: 30 April 16:00, 1 Mei 13:00

Tydsduur: 50 min

Prys: R100

Hierdie poëtiese dansdrama oor die roller coaster realiteite van geestesongesteldheid, weerspieël die stille stryd van ’n dogter wat gedwing word om die brokstukke van haar ma se hartseer op te tel. Dit wys die vele gesigte van skisofrenie en bipolariteit en hoe dit identiteit kan help vorm. Is daar sin agter al die waansin? Maanskyn en dorings is ’n bittersoet verkenning van liefde en verlies, liries vertel in die Suid-Kaapse tongval van Afrikaans. Geïnspireer deur ware gebeure.

 

Melissa Myburgh

Met liefde, Vincent

Met Tinarie van Wyk Loots en Ben Albertyn

Teks en Regie: Melissa Myburgh

Taal: Afr

Venue: NATi Arena

Datum en tyd: 29 April 17:30, 1 Mei 16:00

Tydsduur: 50 min

Prys: R100

Remmie is ’n kunstenaar. Hy het twee jaar spandeer aan ’n skildery van ’n vrou op wie hy halsoorkop verlief is. Maar toe elke kunsgalery in die Wes-Kaap sy werk van die hand wys, besluit hy die enigste logiese reaksie op hierdie teleurstelling is selfmoord. Wat aanvanklik na ’n eenvoudige besluit lyk, word vinnig gekompliseerd as Vincent van Gogh aan Remmie verskyn – vir die soveelste keer. Met liefde, Vincent is ’n absurde tragikomedie oor die ‘lydende kunstenaar’ troop – want partykeer moet jy gemartel word vir ’n stukkie kuns.

 

Henque Heymans

Oom Bey, my pa

Met Ira Blanckenberg en Robert Hindley

Teks: Henque Heymans

Regie: Tara Notcutt

Taal: Afr

Venue: NATi Arena

Datum en tyd: 30 April 13:00, 1 Mei 19:00

Tydsduur: 90 min

Prys: R100

Die verhaal van Beyers Naudé word aangebied vanuit die perspektief van Liesel, sy jongste kind en enigste dogter. Dit fokus op die tyd en die oorsake van sy verskuiwing in ideologie – en stel die vraag of dit werklik ’n ‘skuif’ was. Liesel besin oor haar verhouding met haar pa teen die agtergrond van sy stryd tussen gehoorsaamheid aan God en gehoorsaamheid aan mense. In haar vormingsjare het sy aanskou hoe Oom Bey transformeer van iemand wat die jongste lid van die Broederbond was, tot ’n ‘verraaier’ van die Afrikaner, en hoe hy uiteindelik een van Suid-Afrika se grootste helde geword het.

 

Jane Mpholo

The Dawn

Met Jane Mpholo, Boitumelo Mohutsioa, John Paka, Nomathemba Magobodi en Tsepo Bondo

Teks: Jane Mpholo

Regie: Moses Lechuti

Taal: Eng, Sotho

Venue: NATi Arena

Datum en tyd: 29 April 20:30, 30 April 10:00

Tydsduur: 55 min

Prys: R100

The Dawn is ’n interdissiplinêre teaterproduksie wat deur die oë van ’n jong meisie fokus op geslagsgebaseerde geweld. Soos wat sy ’n jong vrou word, spook sy met herinneringe van haar verlede en sukkel sy met die hede. Sy is vasgevang in ’n siklus van patriargale mishandeling. Gewortel in ’n geesteswêreld en aangedryf deur die verhouding met haar voorouers, onderneem sy ’n reis na genesing. Die verhaal ontplooi in poësie, musiek en fisieke teater.