Jakes Gerwel-gesprekke
Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV
Die Jakes Gerwel-gesprekreeks word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, die Afrikaanse Taalraad en die Vriende van Afrikaans.
Alle gesprekke is gratis, maar bespreek jou sitplek by Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Boeke van die betrokke skrywers sal deur Wordsworth by die venue verkoop word.
In my wildste drome
Aangebied deur Vriende van Afrikaans
Met René Arendse, Lyntjie Jaars, Julian Jansen en Nadine Petrick
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 27 April 10:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Verskeie bekendes gesels oor die paaie wat hulle moes stap om uit te kom by hulle droomwerke, of wat hulle in hul wildste drome gedink het nie moontlik is nie. In die gees van Vryheidsdag gesels hulle ook oor hoe vry Afrikaans werklik is. Is die bagasie van die verlede afgeskud? Kan hulle skryf en praat soos hulle gebek is?
Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas
In samewerking met LAPA / Penguin Random House SA
Met Thérèse Hulme, Marcia Woolward en Yoh!-digters
Taal: Afr, Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 27 April 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Praat jy! / My word! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van 17 jaar aan die skryf gekry het. Van die jong digters wat haar pad gekruis het, was deel van die Yoh!-groep wat deur die Jakes Gerwel Stigting en Thérèse by Grassy Park Sekondêr begin is. Vyf jaar later en die Yoh!-ers – wat regdeur die pandemietyd getrou Zoom-werkswinkels bygewoon het – is nou gepubliseerde digters!
Mr Entertainment – Taliep Petersen se storie
In samewerking met Penguin Random House SA
Met Paula Fourie, Jawaahier Petersen, David Kramer en Marianne Thamm
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 27 April 13:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Deur die oë van Taliep Petersen se vriende, familie en kollegas in die musiekbedryf, vertel Paula Fourie die fassinerende lewensverhaal van een van ons land se mees geliefde kunstenaars. Die boek gaan nie net oor Taliep se kinderjare, sy pad na roem en sy tragiese dood nie, maar bied ook ’n greep op die musiekbedryf en die gepaardgaande politieke onstuimighede in die tyd van die vyftigerjare tot die vroeë 2000’s.
Jakes Gerwel-huldigingslesing
Weens mediese redes kan dr Imtiaz Sooliman ongelukkig nie meer die Jakes Gerwel-lesing op 27 April lewer nie. ’n Alternatiewe datum word tans ondersoek en sal binnekort bekend gemaak word. Jammer vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word. Die ander Jakes Gerwel-gesprekke by die Suidoosterfees vind wel plaas soos beplan. Ons hoop om u wel later in die jaar by die Jakes Gerwel-lesing te kan verwelkom. |
Die dapper joernalis – kyk hoe stap hy deur die land
In samewerking met NB-Uitgewers en Jonathan Ball
Met Jacques Pauw, Pieter du Toit en Bulelwa Payi
Taal: Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 28 April 10:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Korrupsie, kapings en kaders. Hierdie berugte woorde sou nie deel van die volksmond geraak het sonder die dapperheid van ons joernaliste nie. Wat verg dit van ’n skrywer om te krap tot by die wortel van die kwaad, en te onthul wat magtige regeringslui ten alle koste wil verbloem? Jacques Pauw, die legendariese skrywer van onder meer The President’s Keepers en Our Poisoned Land, gesels saam met Pieter du Toit, skrywer van The ANC Billionaires, oor die vrese en versugtinge waarmee ondersoekende joernaliste moet saamleef.
Vreemde vroue
In samewerking met Penguin Random House SA en NB-Uitgewers
Met Bettina Wyngaard, Francois Loots en Jono Amid
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 28 April 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Bettina Wyngaard se Nicci de Wee hou haar lyf speurder in Lokval, terwyl Francois Loots in sy jongste roman skryf oor Lord Somerset se vreemde dokter, James Barry. Wat is waar en waar kom ons skrywers aan hul aptyt vir vreemde vroue?
Moerstaāl
In samewerking met NB-Uitgewers
Met Loit Sōls en Veronique Jephtas
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 28 April 13:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Loit Sōls skryf in Moerstaāl, waaraan hy tydens die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se residensie in 2022 gewerk het, oor sy voorsate en die eerste mense aan die suidpunt van Afrika. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Veronique Jephtas, wat ook voorheen by die Stigting se skrywerhuis aan haar debuutbundel, Soe rond ommie bos, gewerk het, gesels met Loit.
The Outsider: Herman Mashaba
In samewerking met Jonathan Ball
Met Prince Mashele en Anthony Butler
Taal: Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 29 April 10:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Wat het Volodymyr Zelensky, Emmanuel Macron en Herman Mashaba in gemeen? Hulle is almal buitestaanders wat die hoofstroompolitiek betree het. Mashaba is ’n besigheidsmagnaat wat beroerings in die politieke landskap veroorsaak het. Na ’n termyn as DA-burgemeester van Johannesburg, het hy sy eie politieke party, Action SA, tot stand gebring. In ’n kort tydjie kon hy soveel stemme op hom verenig dat hy vandag ’n beduidende rol in onstuimige koalisieregerings speel.
’n Kind soos ek
In samewerking met NB-Uitgewers
Met Crystal-Donna Roberts, Deidré Jantjies en Suzette Myburgh
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 29 April 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
“Ek wou ’n karakter skep wat soos ek lyk,” sê Crystal-Donna Roberts oor haar debuut-jeugroman, Speurder Sammi. Op haar beurt teken Deidré Jantjies in Stories in die wind die verhale op van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en die Kalahari. Beide skrywers was deelnemers aan die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers se mentorskapprogram vir opkomende skrywers. Hulle teken die verhale op van mense wat vir té lank in kinderboeke afwesig was.
Cleaner’s Boy
In samewerking met NB-Uitgewers
Met Patric Tariq Mellet en Michael Weeder
Taal: Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 29 April 13:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Patric Mellet, skrywer van die opspraakwekkende boek, The Lie of 1652, vertel in sy outobiografie van sy ingebore en ongebreidelde gees van verset. Cleaner’s Boy is die verhaal van hoe ’n jong seun se onbelowende en tragiese kinderlewe verander het in ’n lewe van invloed wat gedryf is deur ’n diepe begrip van identiteit.
The Presidents – Leadership in the Age of Crisis
In samewerking met Penguin Random House SA
Met Richard Calland, Mabel Sithole en Zelda la Grange
Taal: Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 30 April 10:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Sedert 1994 het Suid-Afrika vyf presidente gehad wat radikaal verskil het in hul regeringstyl en karakter, ongeag die feit dat hulle almal van dieselfde politieke party is. Hoe vergelyk Mandela, Mbeki, Motlanthe, Zuma en Ramaphosa se sterkste eienskappe en grootste swakhede met mekaar? Hoe lyk die politieke leierskap waarna Suid-Afrikaners smag om ons land se krisisse af te weer?
Kies die lewe
In samewerking met NB-Uitgewers
Met Ivor Swartz en Haidee Muller
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 30 April 11:30
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
In Ivor Swartz se nuutste boek skryf hy oor sy stryd teen depressie, en pleit dat geen mens veroordeel moet word vir keuses wat hulle in die donkerste oomblikke maak nie. Hy gesels oor neerslagtigheid onder mans en tieners, en reik ’n hand uit na ouers wat ’n kind aan selfdood moes afstaan.
Chris Hani: A life too short
In samewerking met Jonathan Ball
Met Janet Smith, Beauregard Tromp, Justice Malala en Ayesha Ismail
Taal: Eng
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 30 April 13:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Chris Hani se sluipmoord dertig jaar gelede en die Hooggeregshof se beslissing dat sy moordenaar, Janusz Waluś, op parool vrygelaat moet word, bring weer een van Suid-Afrika se grootste vraagstukke na vore: Wat sou die politieke impak wees as Hani vandag nog geleef het?
Afrikaans gee jou vlerke
Aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR)
Met Hendrik Theys, Faizal Yon, Maréze Smit, Jerome Topley, Willa Boezak, Giselle Botha en Lizán Maree
Taal: Afr
Venue: ATKV-Innovasiespasie
Datum en tyd: 1 Mei 10:00
Tydsduur: 60 min
Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za
Die wêreldberoemde Charlize Theron het Afrikaanses van alle oorde behoorlik die harnas ingejaag toe sy na haar moedertaal verwys het as ’n nuttelose taal. Tydens hierdie sessie word inligting gedeel oor opwindende beroepsrigtings in Afrikaans.