Suidoosterfees 2021: NATi Jong Sterre Projek vir Opkomende Dramaturge

Ons is trots op die uitmuntende werke wat die jong dramaturge, wat deel was van ons opleidingsprogram in 2020 onder leiding van Abduragman Adams, by die Suidoosterfees op die planke gebring het. Die projek bied ons aan in vennootskap met NATi, die Suidoosterfees en Artscape. Hier is van die foto’s deur Gys Loubser.

Carel Nel en Mbulelo Grootboom uit ‘n toneel van But Baby I Love you
June von Merch in Misha Krynauw se The Infinite Women
Keeno-Lee Hector, Gary Naidoo en Ivan Abrahams in Fabian Rainers se Workshop-produksie
Lee-Ann van Rooy is die regisseur van The Infinite Women
Mbulelo Grootboom in But Baby I love you deur Andrico Goosen
Rene Cloete in The Infinite Women
Sizwe Msuthu in It’s my baby
Sonwabo Mpandle in Xolisa Ngubelanga se It’s my baby
Stephanie Hough en Zhikona Jacobs in It’s my baby
Stephren Saayman word vereer vir sy rol in Gerhard Visagie se Mannetjie.