• Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

    Feesdatums: 3 tot 11 Oktober 2026

     

    Met 444 items op een van die grootste kunstefeeste in Afrika, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer. Daar is klassieke en kontemporêre klanke wat die opelug, sale en die gemoed gaan vul, dans wat almal se taal praat, toneel met ’n lag en ’n traan, leefstyl, kuns en veilings, gesprekke, ’n skrywersprogram, iets vir die jongspan en fliekvlooie, asook die opvoedkundige Woorde Open Wêrelde (WOW)-fees.

  • Dag van poësie

    Datum: 4 Oktober 2026

     

    By die Toyota Stellenbosch Woordfees se tweede Dag van poësie vier die digkuns hoogty. Poësie word voorop gestel met voorlesings, voordrag en in-diepte besprekings.

  • Writers on Writers: The Memoirists

    Skrywersgesprek datum: 6 Oktober 2026

     

    Dominique Olivier en Lidia Rauch ondersoek die moed wat nodig is om ingrypende persoonlike en historiese ervarings in prosa te omskep.

  • Skrywersgesprekke: Graad 8-10

    Skrywersgesprek datum: 7 Oktober 2026

     

    Kom luister saam wanneer die bekroonde skrywer François Bloemhof met leerlinge gesels oor sy nuutste werk, Een keer om die son, en die spanningsvolle riller-omnibus. In ’n onderhoud, wat gelei word deur Heléne de Clercq van Jonathan Ball, deel hy insigte oor sy skryfproses en inspirasie.

  • Skrywersgesprekke: Graad 4-7

    Skrywersgesprek datum: 8 Oktober 2026

     

    Kom ontmoet die kreatiewe span agter BobBob, die robo-meerkat, wanneer Bernard de Jager, illustreerder, en Heléne de Clercq, medeskrywer, leerlinge op ’n speelse reis van stories en prente neem. Hulle wys hoe idees ontwikkel van verbeelding tot boek, en hoe woorde en illustrasies saamwerk om stories tot lewe te bring.

  • WOW & PEN-skryfskool

    Skryfskool datum: 9 Oktober

     

    Die PEN-skryfskool bied aan hoërskoolleerlinge én opvoeders die geleentheid om hul skryfvaardighede verder te ontwikkel. Deelnemers leer deur middel van praktiese werksessies hoe om hul idees duidelik te verwoord en hul eie skryfstem te ontdek. Ná die sessie kry leerlinge die geleentheid om ’n opstel te skryf wat vir die WOW & PEN-opstelkompetisie ingeskryf kan word, met die moontlikheid om later vanjaar by die WOW-galageleentheid erkenning te ontvang. Dit is ’n inspirerende ruimte waar nuwe skrywers kan groei en hul kreatiwiteit kan ontgin.

  • ’n EasyEquities-skrywerspartytjie

    Skrywersgeleentheid datum: 9 Oktober 2026

     

    Woordfees se skrywerspartytjie neem vanjaar ’n ander vorm aan: Kom ontmoet jou gunsteling-boekmense in ’n ontspanne atmosfeer terwyl almal saam smul aan vars braaibroodjies en luister na Buurvrou, die Afrikaanse folk-sangers wat hulself beskryf as ’n groep “bemindes, familielede en regte bure”. Gesels oor boeke of die regte resep vir braaibroodjies, bewonder die beste skrywers van naderby. Jou kaartjie verseker toegang – bier en braaibroodjies sal by die venue te koop wees.

  • Zine Launch: Hi-Fi & Ons Klyntji

    Zine Launch datum: 10 Oktober 2026

     

    Kry ’n oordosis low-fi-leesplesier by die bekendstelling van die tweede uitgawe van die Toyota Stellenbosch Woordfees-zine, Hi-Fi, en die spesiale uitgawe van Ons Klyntji om hul 130ste bestaansjaar te vier. Suid-Afrika se eerste en oudste tydskrif in Afrikaans en hou dit rou met ‘n gesamentlike open micwaar medewerkers hulle werk kan voorlees.

  • Skryfnet: ’n gedig-werkswinkel in die Kaap

    Skryf in teen: 13 November 2026

     

    Het jy ’n kop vol gedagtes en ’n liefde vir mooi woorde? Droom jy daarvan om jou eie gedigte te skryf, maar weet nie mooi waar om te begin nie? Of skryf jy reeds gedigte en wil jy jou vaardighede verder opskerp? Dan is Skryfnet se heel eerste Skryf ’n gedig-werkswinkel net vir jou!