Aansoek: Longhope TV-skryf Kry asseblief die volgende inligting gereed voordat jy hierdie aansoekvorm begin invul. Let wel: Die gesamentlike grootte van alle lêers mag nie 20 MB oorskry nie. Indien gesamentlike grootte meer as 20 mb is, sal jou aansoek ons nie bereik nie. Op alle aansoekers van toepassing: • Volle name en van • ID-nommer • Adres • Kontaknommer • E-posadres • Goeie foto • Kort skrywersbio Addisionele dokumente vir Longhope TV-skryf: • Motiveringsbrief • ’n Voorlegging (“pitch”) vir ’n oorspronklike konsep vir ’n TV-reeks wat soos volg uiteengesit is: ◦ ’n Loklyn (log line) (35 tot 45 woorde) ◦ ’n Opsomming van die konsep (300 woorde) ◦ ’n PDF van ongeveer 10 A4-bladsye van die eerste bedryf van die proefepisode in aanvaarde TV-teksformaat Vereistes en belangrike datums: • Slegs vir opkomende skrywers* • Sluitingsdatum vir aansoeke: 3 Julie 2026 • Aankondiging van suksesvolle kandidate: 18 September 2026 • Residensie (waarvoor kandidate reeds met inskrywing moet bevestig dat hy/sy beskikbaar is): 16 tot 30 November 2026 • Aansoekers moet bereid wees om, as deel van die program, vir drie maande ná afloop van die mentorskap as interns by een van M-Net se vervaardigershuise te werk. * Ons definieer ’n opkomende skrywer as iemand van enige ouderdom wat nog in die vroeë stadiums van hul skryfloopbaan in ’n spesifieke genre is en wat nog nie die nodige ondersteuning of blootstelling gehad het om grootskaalse erkenning vir hul werk in dié genre te ontvang nie. ’n Gevestigde skrywer het al twee of meer publikasies deur prominente uitgewerye gepubliseer; het al erkenning vir hul werk in ’n sekere genre ontvang of is welbekend binne daardie genre; en/of verdien ’n gedeelte van hul inkomste uit hul skryfwerk in daardie genre. AANSOEKVORM Volle name en van (verpligtend) ID-nommer (verpligtend) Adres (verpligtend) Kontaknommer (verpligtend) E-posadres (verpligtend) Het jy enige mediese toestand en/of gestremdheid waarvan ons moet kennis neem? Is jy beskikbaar op die datums soos hierbo genoem? Kies een:JaNeeEk weet nog nie Waar het jy van die Jakes Gerwel Stigting gehoor? Kies een:FacebookInstagramLinkedInJGS-nuusbriefJGS-webwerf’n ander webwerfradiokoerantmondelingse aanbevelingnie een van bogenoemde Laai asb. die volgende lêers op: Goeie foto (aanvaarbare lêersoorte: .jpeg | .jpg | .png) (maksimum grootte: 8 mb) Kort skrywersbio (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Motiveringsbrief (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Loglyn en konsep (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Eerste bedryf van proefepisode (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Addisionele boodskap aan die Jakes Gerwel Stigting (opsioneel) ALGEMEEN • Geen individuele terugvoer sal aan die skrywer gegee word oor die kwaliteit van sy/haar aansoek nie. • Indien jou aansoek suksesvol is, sal daar van jou verwag word om die volle duur van die residensie in KwaNojoli deur te bring en met die ander skrywers te skakel. Die residensie is nie vir skrywers wat in totale afsondering wil skryf nie. • Internasionale skrywers is self verantwoordelik om betyds aansoek te doen vir hul visums indien hul aansoek goedgekeur word.