Loading Events

« All Events

LAPA-Jeugromankompetisie 2027

30 Junie 2027
LAPA-Jeugromankompetisie 2027

Die LAPA-Jeugromankompetisie lok elke twee jaar van ons land se bekendste en gewildste skrywers vanuit alle genres en ouderdomsgroepe. Met verhoogde prysgeld vir die volgende kompetisie, hoop LAPA-Uitgewers om sommer ’n hele klomp nuwe storievertellers aan te spoor om die pen op te neem en kreatief te raak.

Jy het ’n jaar lank tyd om seker te maak jy kom in aanmerking vir een van die drie pryse ter waarde van R80 000. Die algehele wenner ontvang R40 000 vir die wenboek, en die twee naaswenners ontvang elk R20 000. Selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18 jaar oud. Alle inskrywings moet die deelnemer se oorspronklike, ongepubliseerde werk wees. Deelnemers gee aan LAPA die eerste opsie om enige van die inskrywings te publiseer. Geen ingeskrewe verhaal mag elders voorgelê word of wees vir moontlike publikasie nie.

Die volgende inligting moet op die heel eerste bladsy van die voorlegging verskyn en enige inskrywing kan gediskwalifiseer word indien dit nie daarop verskyn nie:

  • Die skrywer se naam en van
  • Titel van die manuskrip
  • Lengte (aantal woorde) van manuskrip
  • E-posadres
  • Telefoonnommer

Stuur dit aan lapacompetitions@penguinrandomhouse.co.za met JEUGROMANKOMPETISIE en jou manuskrip se naam as onderwerp.

Inskrywings sluit 30 Junie 2027.

Klik hier vir meer inligting.

Organizer