Aansoek: PEN dit neer Kry asseblief die volgende inligting gereed voordat jy hierdie aansoekvorm begin invul. Let wel: Die gesamentlike grootte van alle lêers mag nie 20 MB oorskry nie. Indien gesamentlike grootte meer as 20 MB is, sal jou aansoek ons nie bereik nie. Op alle aansoekers van toepassing: • Volle name en van • ID-nommer • Adres • Kontaknommer • E-posadres • Goeie foto • Kort skrywersbio Addisionele dokumente vir PEN dit neer: • Motiveringsbrief • Duidelike uiteensetting van skryfprojek • Voorbeelde van huidige en vorige werk (laai dit hier onder as dokumente op of plak webskakels in die teksblok heel onder) • ’n Brief van ’n uitgewer wat daarin belangstel om jou werk te publiseer, sal sterk in jou guns tel. Vereistes en belangrike datums: • Beskikbaar vir beide opkomende en gevestigde skrywers. • Skryf jy in Afrikaans? Is jy ’n lid van PEN Afrikaans? Indien nie, kontak asseblief vir Catrina Wessels by penafrikaans@gmail.com om meer te wete te kom oor wat so ’n lidmaatskap inhou en wat die proses behels. Ten tyde van die aansoek is die lidmaatskap nie verpligtend nie, maar dit sal van die skrywer verwag word om ’n lid te word indien hy/sy goedgekeur word. • Alle Suid-Afrikaanse skrywers wat in Engels skryf, is welkom om aansoek te doen vir die PEN South Africa-residensie, selfs al is jy nie ’n geregistreerde lid van PEN SA nie. • Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Januarie 2026 • Aankondiging van suksesvolle kandidate: 27 Februarie 2026 • Residensie (waarvoor kandidate reeds met inskrywing moet bevestig dat hy/sy beskikbaar is): 20 April tot 10 Mei 2026 AANSOEKVORM Volle name en van (verpligtend) ID-nommer (verpligtend) Adres (verpligtend) Kontaknommer (verpligtend) E-posadres (verpligtend) Het jy enige mediese toestand en/of gestremdheid waarvan ons moet kennis neem? Is jy beskikbaar op die datums soos hierbo genoem? Kies een:JaNeeEk weet nog nie Waar het jy van die Jakes Gerwel Stigting gehoor? Kies een:FacebookInstagramLinkedInJGS-nuusbriefJGS-webwerf’n ander webwerfradiokoerantmondelingse aanbevelingnie een van bogenoemde Laai asb. die volgende lêers op: Goeie foto (aanvaarbare lêersoorte: .jpeg | .jpg | .png) (maksimum grootte: 8 mb) Kort skrywersbio (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Motiveringsbrief (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Uiteensetting van skryfprojek (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Voorbeelde van huidige en vorige werk (dokument 1, opsioneel) (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Voorbeelde van huidige en vorige werk (dokument 2, opsioneel) (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Voorbeelde van huidige en vorige werk (dokument 3, opsioneel) (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Brief van uitgewer (opsioneel) (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Addisionele boodskap aan die Jakes Gerwel Stigting en/of webskakels van voorbeelde van jou werk (opsioneel) ALGEMEEN • Geen individuele terugvoer sal aan die skrywer gegee word oor die kwaliteit van sy/haar aansoek nie. • Indien jou aansoek suksesvol is, sal daar van jou verwag word om die volle duur van die residensie in KwaNojoli deur te bring en met die ander skrywers te skakel. Die residensie is nie vir skrywers wat in totale afsondering wil skryf nie. • Internasionale skrywers is self verantwoordelik om betyds aansoek te doen vir hul visums indien hul aansoek goedgekeur word.