Aansoek: NATi Jong Sterre

    1. Vir hoe lank is ek al in die uitvoerende-kunste-industrie (teater, televisie of film)?
    2. Is enige van my toneelstukke al by prominente teaters of feeste opgevoer?
    3. Het ek al enige nominasies of toekennings vir my werk in die industrie ontvang?
    4. Het enige van my toneelstukke al eervolle vermeldings ontvang?
    5. Het ek enige van my toneelstukke by ’n slypskool ontwikkel of afgerond?
    6. Met my ervaring, is ek miskien oorgekwalifiseerd vir ’n mentorskap vir opkomende skrywers?

    • Volle name en van
    • ID-nommer
    • Adres
    • Kontaknommer
    • E-posadres
    • Goeie foto
    • Kort skrywersbio

    • Motiveringsbrief
    • ’n Volledige nuwe toneelstuk van 50 tot 60 minute lank (± 25 tot 35 bladsye) met nie meer as vier akteurs nie. Let wel: Dramaturge word aangeraai om nie in hul eie stukke te speel of die regie te behartig nie.

    • Slegs vir opkomende skrywers*
    • Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 Maart 2026
    • Aankondiging van suksesvolle kandidate: 15 Mei 2026
    • Residensie (waarvoor kandidate reeds met inskrywing moet bevestig dat hy/sy beskikbaar is): 22 Junie tot 12 Julie 2026

    * Ons definieer ’n opkomende skrywer as iemand van enige ouderdom wat nog in die vroeë stadiums van hul skryfloopbaan in ’n spesifieke genre is en wat nog nie die nodige ondersteuning of blootstelling gehad het om grootskaalse erkenning vir hul werk in dié genre te ontvang nie.

    ’n Gevestigde skrywer het al twee of meer publikasies deur prominente uitgewerye gepubliseer; het al erkenning vir hul werk in ’n sekere genre ontvang of is welbekend binne daardie genre; en/of verdien ’n gedeelte van hul inkomste uit hul skryfwerk in daardie genre.






    (aanvaarbare lêersoorte: .jpeg | .jpg | .png)
    (maksimum grootte: 8 mb)



    (aanvaarbare lêersoorte: .pdf | .docx | .doc | .txt)



    (aanvaarbare lêersoorte: .pdf | .docx | .doc)



    (aanvaarbare lêersoorte: .pdf | .docx | .doc)


    • Geen individuele terugvoer sal aan die skrywer gegee word oor die kwaliteit van sy/haar aansoek nie.
    • Indien jou aansoek suksesvol is, sal daar van jou verwag word om die volle duur van die residensie in KwaNojoli deur te bring en met die ander skrywers te skakel. Die residensie is nie vir skrywers wat in totale afsondering wil skryf nie.
    • Internasionale skrywers is self verantwoordelik om betyds aansoek te doen vir hul visums indien hul aansoek goedgekeur word.