Loading Events

« All Events

Woordfees-zine 2026

6 September 2026
Woordfees Zine 2026

Draai die tyd terug. Draai die volume op. Die Toyota Stellenbosch Woordfees-zine 2026 soek voorleggings vir HI-FI – ’n viering van hoë-trou waarhede, lo-fi-estetika, analoog-nostalgie, statiese witruis en die deep cuts van jou kreatiewe brein.

Hulle nooi digters, skrywers, kunstenaars, fotograwe, zine-makers, playlist-kurators en kreatiewe denkers uit om hul werk in te stuur. Voorleggings kan in enige taal en in enige vorm wees – van gedigte en mikro-fiksie tot foto’s, collages, lirieke en gevindde teks (found text).

  • Maksimum 3 voorleggings per persoon
  • Maksimum 800 woorde per skryfstuk
  • Sperdatum: 6 September 2026

Stuur jou werk na woordfeeszine@gmail.com met HI-FI as die onderwerpreël.

Klik hier vir meer inligting.