Loading Events

« All Events

Wil jy vir Klyntji skryf?

31 Desember 2026
Klyntji

Klyntji fokus op die deel en bespreek van diverse en progressiewe kuns en kultuur. Dit sluit aan by identiteit.

Hulle kategorieë is Film & Foto, Kuns, Literatuur, Mode, Musiek, Nuus, Omgewing, Opinie & Essays, en Opvoer & TV. Hulle is ’n platform waar alternatiewe stories wat nie noodwendig in ander media aandag geniet nie, publiseer.

Klyntji publiseer soms versamelings van gedigte, maar nie kortverhale nie, aktuele essays wel. Onderhoude, verkenningstukke of features, korter nuusstories en resensies word dikwels gepubliseer. Klyntji poog om by te dra tot die dokumentering van kultuur, ook om argiefmateriaal en akademiese navorsing op te delf vir groter toeganklikheid en breër verwysing.

Gereelde bydraers kan in aanmerking geneem word vir redaksionele posisies.

  • Taal: Klyntji word in alle variante van Afrikaans gepubliseer. Aanhalings en stellings in ander tale word aanvaar. Goue riglyn: Skryf soos jy praat.
  • Visueel-gedrewe: Klyntji poog om treffende en goeie kwaliteit foto’s/video’s saam met elke storie te publiseer. Skrywers word aangemoedig om voorstelle vir grafika te maak wat by die betrokke storie aansluit.
  • Lengte en redigering: Van vars kort nuusstories tot breedvoerige verkennings, poog Klyntji om bondig tog volledig met stories om te gaan. Substansie is belangrik. Hulle behou die reg voor om aan stories te sny, uitbreidings te versoek of om tekstuele aanpassings te maak voor publikasie.
  • Betaling: Danksy die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE) en die L.W. Hiemstra Trust het Klyntji tans ’n (beperkte) begroting om skrywers, foto- en videograwe en illustreerders te vergoed. Betaling is onderworpe aan Klyntji se betalingsbeleid en word gemaak aan die einde van die maand waarin die storie verskyn.

Stuur alle voorstelle, bydraes en navrae aan redaksie@klyntji.com. Hul inbox is heeljaar oop.

Klik hier vir meer inligting.

Details