Loading Events

« All Events

Netwerk24 Kreatiewe skryfkompetisie: Opstelafdeling

1 September 2026
Netwerk24 Kreatiewe Skryfkompetisie

Die opstelafdeling word aangebied met die kurrikulum (per graad) as riglyn. Deelnemers moet in gedagte hou dat die kreatiewe skryfkompetisie nie ‘n lang romankompetisie is nie – die lengte word bepaal deur die graad-spesifieke kurrikulum.

Opstelkategorieë: 

  • Verhalend
  • Beskrywend
  • Argumenterend/ Beredeneerd
  • Bespiegelend

Daar is 3 Opstelafdeling:

  • Opstelafdeling vir Afrikaans eerste huistaal (hoërskole)
  • Opstelafdeling vir Afrikaans eerste addisionele taal (hoërskole)
  • Opstelafdeling vir Afrikaans huistaal (laerskole)

Elke afdeling het sy eie reëls en inskrywingsprosedures, handleidings, asook eie elektroniese registrasievorms. Daar is vanjaar nie ‘n ope-afdeling vir opstelle nie.

Reëls en inskrywingsprosedure:

  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag van die kompetisie gevoer word nie. Die opstel en ope-afdeling sal gesamentlik beoordeel word.
  • Netwerk 24 gee nie individuele terugvoer aan skole of leerlinge nie, maar deeglike algemene terugvoer en wenke sal na afloop van die kompetisie beskikbaar gestel word.
  • Leerlinge se skryfwerk moet getik wees. Geen harde kopieë mag ingestuur word nie slegs elektroniese PDF-dokumente moet opgelaai word.
  • Leerlinge se skryfstukke moet gesamentlik as een PDF-dokument by die betrokke afdeling opgelaai word.
  • Boaan elke skryfstuk moet die leerling se naam, opstel kategorie, titel, graad en naam van skool verskyn.
  • Daar moet ‘n opsommenderlys van al die inskrywings ingestuur word. Die lys vir voltooiing is aangeheg. Dit is vir kontrole en moet die voorblad vorm van die skryfstukke wat gesamentlik as een document opgelaai word.
  • Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerlinge per graad inskryf. Hoërskole kan dus 15 leerlinge inskryf, as hulle sou verkies om meer as 3 per graad in te skryf, moet daar net ten minste inskrywings van elke graad wees. Laerskole kan dus 12 leerlinge inskryf en daar moet ook ten minste inskrywings van elke graad wees as hulle meer as 3 by ‘n graad inskryf.

Sluitingsdatum: 1 September 2026

Vir enige navrae stuur ‘n e-pos aan skool@ebeeldskool.co.za of skool@dieburgerskool.co.za

Klik hier vir meer inligting.

Details

Organizer