Netwerk24 Kreatiewe Skryf-kompetisie: Poësie-afdeling
3 Augustus 2026

Hierdie kompetisie is die ideale geleentheid om die vaardighede te slyp en natuurlik Afrikaans te versterk en te laat groei. Die Poësie-afdeling is oop vir beide leerlinge en onderwysers/skole vanjaar. Elke afdeling het sy eie reëls en inskrywingsprosedures, handleidings, asook eie elektroniese registrasievorms en onderskeie sluitingsdatums.
Daar is 4 kategorië vir die Poësie-afdeling:
- Poësie-afdeling vir Afrikaans huistaal (hoërskole)
- Poësie-afdeling vir Afrikaans eerste addisionele taal (hoërskole)
- Poësie-afdeling vir Afrikaans huistaal (laerskole)
- Poësie-afdeling vir onderwysers
Reëls en Inskrywingsprosedure:
- U moet die leerlinge en onderwysers op Beeld se webtuiste elektronies inskryf/registreer by die toepaslike afdeling.
- Die kreatiewe skryfwerk moet getik wees en dit moet ook elektronies opgelaai word in PDF-formaat.
- Die handleiding met die nodige vorms vir deelname is op Beeld se webblad beskikbaar (die voltooide opsommenderlys moet ook elektronies opgelaai word op die spesifieke oplaai-area van ‘n afdeling). Dit moet die voorblad van u oplaaidokument wees.
- Die skool kan die beste werk van slegs 3 leerlinge per graad inskryf. Dus, slegs 3 skryfstukke per graad, nie per klas nie. Vyftien (15) leerlinge per hoërskool en twaalf (12) leerlinge per laerskool kan ingeskryf word.
- Die skool kan die beste werk van slegs tien (10) onderwysers inskryf.
- Hierdie afdeling vir leerlinge en deelnemende onderwysers moet deur die skool bestuur, geverifieer en opgelaai word.
- Gedigte mag nie korter as 14 reëls wees nie en die maksimum is 40 reëls.
Sluitingsdatum: 3 Augustus 2026
Vir enige navrae stuur ‘n e-pos aan skool@ebeeldskool.co.za of skool@dieburgerskool.co.za