Loading Events

« All Events

Digslypskool met Bibi Slippers

21 November 2026 @ 09:00 - 16:00
Digslypskool met Bibi Slippers

Digter Bibi Slippers het ’n teorie: die beste digters is dié wat die beste poësie kan lees. Spandeer ’n volle dag saam met Bibi terwyl julle die verborge verband tussen lees en skryf verken, en ontdek hoe uitstekende lesers uitstekende skrywers word. Om diep te lees, is om te leer skryf – kom ontdek hoe om gedigte met nuuskierigheid en moed te benader, hul lae bloot te lê, en jou eie kreatiewe stem aan te wakker.

Of jy daarvan droom om jou eie gedigte te publiseer, of net wil leer om beter te lees, hierdie werksessie bied:

  • Praktiese leiding oor die lees én skryf van gedigte
  • Die ontwikkeling van ’n nuttige stel vaardighede vir beter lees en skryf
  • Dieper kennis oor die binnewerking van gedigte
  • Wenke oor wie en wat om te lees
  • Skryfoefeninge.

Belangrike besonderhede:

  • Datum: 21 November 2026
  • Tyd: 9:00 tot 16:00
  • Plek: Oude Leeskamer (Stellenbosch)
  • Koste: R500 per persoon (drankies ingesluit)
  • Taal: Afrikaans

Bring jou eie middagete saam of ondersteun een van die uitstekende restaurante in die hartjie van Stellenbosch.

Plek is beperk, so bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom! Stuur ’n e-pos aan Délani by events@oudeleeskamer.org om jou plek te bespreek.

Klik hier vir meer inligting.

Details

Organizer