Aansoek: Bosberg Boekskryf Kry asseblief die volgende inligting gereed voordat jy hierdie aansoekvorm begin invul. Let wel: Die gesamentlike grootte van alle lêers mag nie 20 MB oorskry nie. Indien gesamentlike grootte meer as 20 MB is, sal jou aansoek ons nie bereik nie. Op alle aansoekers van toepassing: • Volle name en van • ID-nommer • Adres • Kontaknommer • E-posadres • Goeie foto • Kort skrywersbio Addisionele dokumente vir Bosberg Boekskryf: • Manuskrip – roman: ten minste 20 000 woorde – kortverhaal: ten minste 2 000 woorde – gedigte: 15 of meer gedigte (in een dokument) • Motiveringsbrief wat onder meer verduidelik hoe jy by die residensie sal baat. • Voorkeur word gegee aan skrywers wat reeds positiewe terugvoer van ’n uitgewer ontvang het. Dit is nie verpligtend nie, maar indien beskikbaar moet die skrywer ’n aanbevelingsbrief van die uitgewer aanheg. Vereistes en belangrike datums: • Slegs vir opkomende skrywers* • Geen sluitingsdatum nie * Ons definieer ’n opkomende skrywer as iemand van enige ouderdom wat nog in die vroeë stadiums van hul skryfloopbaan in ’n spesifieke genre is en wat nog nie die nodige ondersteuning of blootstelling gehad het om grootskaalse erkenning vir hul werk in dié genre te ontvang nie. ’n Gevestigde skrywer het al twee of meer publikasies deur prominente uitgewerye gepubliseer; het al erkenning vir hul werk in ’n sekere genre ontvang of is welbekend binne daardie genre; en/of verdien ’n gedeelte van hul inkomste uit hul skryfwerk in daardie genre. AANSOEKVORM Volle name en van (verpligtend) ID-nommer (verpligtend) Adres (verpligtend) Kontaknommer (verpligtend) E-posadres (verpligtend) Het jy enige mediese toestand en/of gestremdheid waarvan ons moet kennis neem? Waar het jy van die Jakes Gerwel Stigting gehoor? Kies een:FacebookInstagramLinkedInJGS-nuusbriefJGS-webwerf’n ander webwerfradiokoerantmondelingse aanbevelingnie een van bogenoemde Wat is die genre van jou manuskrip? (verpligtend) Laai asb. die volgende lêers op: Goeie foto (aanvaarbare lêersoorte: .jpg|.jpeg|.png) (maksimum grootte: 8 mb) Kort skrywersbio (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Manuskrip (aanvaarbare lêersoorte: .doc|.docx|.odt|.txt|.pages|.pdf|.rtf) Motiveringsbrief Uitgewersbrief Addisionele boodskap aan die Jakes Gerwel Stigting (opsioneel) LET WEL • Geen individuele terugvoer sal aan die skrywer gegee word oor die kwaliteit van sy/haar aansoek nie. • Indien jou aansoek suksesvol is, sal daar van jou verwag word om die volle duur van die residensie in KwaNojoli deur te bring en met die ander skrywers te skakel. Die residensie is nie vir skrywers wat in totale afsondering wil skryf nie. • Internasionale skrywers is self verantwoordelik om betyds aansoek te doen vir hul visums indien hul aansoek goedgekeur word.