Faeed Amardien

Faeed Amardien

Ek het in 2020 my graad in Opvoedkunde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie verwerf. Daarna het ek dadelik my honneursgraad in Taal en Letterkunde by die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi. Skryf het nie juis deel gevorm van my jongdae nie, maar sedert ek Afrikaans as eerstejaarstudent geneem het, het my liefde vir letterkunde en skryf ontwikkel. Ek het uit die werk geskryf deur Carin Krahtz en Chase Rhys geleer. Reeds hier het die skrywerswêreld begin oopgaan.

Ek skryf in 2020 in vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur, waar my jeugroman die kortlys behaal het, maar nie as wenner of naaswenner aangekondig is nie. Na hierdie ervaring het daar baie geleenthede oor my pad gekom. Ek geniet dit om jeugfiksie te skryf.

Kontak Faeed

E-pos: amardien23@gmail.com
Selnommer: 0812470619