Loading Events

« All Events

Oproep vir publikasie van artikels in Spectrum se Spesiale Uitgawe

31 Julie 2026
Spectrum

Spectrum is die aanlyn tydskrif van Het Zuid-Afrikahuis. Die doel van Het Zuid-Afrikahuis is om verhoudings tussen Suid-Afrika en Nederland te bevorder in die breedste sin, ook deur Spectrum. Jare lank is ’n wye reeks artikels gepubliseer: van boekresensies, onderhoude en reisverhale tot diepgaande artikels oor voorwerpe in ’n argief, en meningsartikels. Gewoonlik het artikels in Spectrum tussen 700 en 2500 woorde.

In Augustus 2026 sal ’n spesiale someruitgawe van Spectrum gepubliseer word, wat breedweg die tema Kuns, Kultuur en Politiek: Die kruispunt van Kuns, Kultuur en Politiek, sal omvat. Zuid-Afrikahuis het hierdie tema gekies vanweë die huidige internasionale relevansie daarvan. Hul inspirasie hiervoor het ontstaan uit die kritiek in die kuns-/kulturele/politieke wêreld teenoor die Biënnale van Venesië, sowel as die Eurovision-sangkompetisie, waar die kruispunt van kuns, kultuur en politiek baie prominent was.

In die lig van die relevansie van hierdie onderwerp histories, in die hede en heel waarskynlik in die toekoms, nooi hulle skrywers uit om oor hul menings, ervarings of idees oor hierdie onderwerp, met betrekking tot Suid-Afrika, te skryf.

Bydraes moet teen Vrydag 31 Julie 2026 aan Meghan Rider (m.rider@zuidafrikahuis.nl) gestuur word. Die gewone riglyne vir Spectrum-outeurs geld.

Klik hier vir meer inligting.

Organizer