Die Klop!-span (kykNET & Kie-kanaal 145) het ’n draai by die Suidoosterfees kom maak om een van die Jakes Gerwel-gesprekke op te neem, “Wie is ons en maak dit saak?” Wilhelm Verwoerd, politieke filosoof, en Haji Mohamed Dawjee, skrywer van Sorry, not sorry, was die gaste van Heindrich Wyngaard. Kyk na die uittreksel.
Monthly Archives: May 2019
Op Maandag 29 April het Anastasia de Vries, Wannie Carstens en Willa Boezak met Michael le Cordeur oor die inklusiwiteit van Afrikaans gesels. Kyk na die LitNet-video van die gesprek.
Op Saterdag 27 April het SZ Minnaar, Carla Barnard en Esra Plaatjies met Tracey Lange gesels oor die struikelblokke wat verhoed dat jongmense Afrikaans wil vier en koester. Aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad. Kyk na die LitNet-video van die gesprek.
Op Vrydag 26 April het Haji Dawjee en Wilhelm Verwoerd met Heindrich Wyngaard oor die verskillende, getransendeerde identiteite binne Suid-Afrika gesels. Kyk na die LitNet-video van die gesprek.
Op Donderdag 25 April het Mercy Kannemeyer, Saartjie Botha, Basil Appollis en Cintaine Schutte met Kabous Meiring oor die uitvoerende kunste in post-apartheid Suid-Afrika gesels. Kyk na die LitNet-video van die gesprek.
Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans kondig met trots die suksesvolle aansoekers aan vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies vanjaar aanbied.