Theolla Langenhoven

Theolla Langenhoven

Oor my skryfwerk:

  • In 2020 word ek gekies om deel te neem aan die Jakes Gerwel Trust se skrywersresidensie, onder leiding van Rachelle Greeff.
  • Heelwat van my kortverhale en rubrieke is sedert 2014 in die vrouetydskryf Kuier
  • My eie verhaal is ook as deel van News24 se Landisa-projek vertel.
  • Twee rubrieke is in die Wes-Kaapse Regering se Better Magazine
  • Die gedigte “Hou jou bek!”, “Die danger was toe in die huis” en “Hartklop van ’n ma” is in die Poets vannie Kaap: Lekka poems, volume 2
  • Die manuskrip Hou jou man dop word tans deur Kwela Boeke geassesseer.
  • Die Here kom sterk deur – tienergebede word aanlyn (YouTube, TikTok, hul webtuise en Facebook) deur die Christelike Literatuurfonds (CLF) versprei. In April 2023 word dit as tweede prys by Tshienda Publications se kreatieweskryfkompetisie gekies.
  • My pa die chameleon – gedig word in die Inkspraak, volume 3 van 2022 gepubliseer.
  • “Sexual grooming: Are we ready to talk about it” – my TEDx Talk is op YouTube beskikbaar. In samewerking met my alma mater, UNISA.
  • Tydens die 16 dae van aktivisme van 2022 gebruik CLF vier van my gedigte wat handel oor geslagsgebaseerde geweld (GBV) vir hul bewusmakingsprojek.
  • Weekliks stuur ek ’n snippet vir Radio Awakening oor ’n tema/gedagte of ’n gedig wat ek met hul lesers deel.
  • Ek bestuur twee blogs: Theolla’s Mental and Creative Blog en Theolla Langenhoven op WordPress, waar ek gedigte, kortverhale en rubrieke laai.
  • Ek skryf tans aan my tweede manuskrip en hersien die gedigte wat ek die laaste twee jaar geskryf het om hopelik ’n bundel saam te stel.

As gevolg van my skryfwerk word ek gereeld genooi om as gasspreker op te tree – veral oor GBV, jeug in gevaar, of net om ander te bemoedig.

Tussen al die bedrywighede is ek getroud, die ma van drie kinders en doen ek my BA Honneurs in Gemeenskapsielkunde. O ja, ek sal nooit uit my gemeenskap, Belhar, trek nie, want ek het nog baie om hier te doen!