
Kanya Viljoen is ’n skrywer, regisseur en film- en teatermaker van Kaapstad. In 2020 voltooi Kanya haar Meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad as deel van Andrew W Mellon se Reimagining Tragedy from Africa and the Global South-projek.
Kanya werk as akademikus, skrywer en kunstenaar. Haar onlangse teaterprojekte sluit in Die skrif is aan die muur (2018–2020), Jessie, die man en die maan (2019–2023) en Droomwerk (2023). Haar films ekstasis(2020), A Moment of Dying (2021) en ’n Doop om stilte (2023) het beide nasionale en internasionale pryse verower. Kanya werk ook voltyds as skrywer van verskeie televisiereekse.
Kontak Kanya
E-pos: kanyaviljoen@gmail.com
Webtuiste: kanyaviljoen.com