Ingrid Jonker het oor die afgelope vyftig jaar ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu. Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in ’n eerste omvattende biografie deur Petrovna Metlerkamp . Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe, en bring nuwe inligting aan die lig.
Sprekers: Petrovna Metlerkamp en Suzette Kotzé-Myburgh
Aangebied deur: Die Jakes Gerwel-stigting en Penguin Random House SA
Vervaardig deur: Blackhole Productions
Musiek deur: AShamaluevMusic