Van musiekfeeste tot straatkafee’s – die digkuns is deesdae oral te sien en te hoor, en in verskillende gedaantes. Die jong digters deel verhoë met rockers op groot musiekfeeste; lees verse in kroeë en is bykans so herkenbaar soos sepiesterre. Maar hoe dink hierdie nuwe generasie digters? Is daar ’n nuwe beweging in die Afrikaanse digkuns ter sprake? Waaroor skryf ons jong digters en hoe verskil, of word hulle geïnspireer, deur hul voorgangers? Kom vind vind uit en kuier saam met ’n uiteenlopende groep digters.
Sprekers: Bibi Slippers, Churchil Naudé, Ryan Pedro, Frazer Barry, Marcel Spaumer en Annie Klopper
Aangebied deur: Die Jakes Gerwel-stigting
Vervaardig deur: Blackhole Productions
Musiek deur: AShamaluevMusic