Suidoosterfees 2021: Drome het vlerke

Drome het vlerke is die meesleurende produksie wat Frazer Barry op die planke gebring het met die jong musikante wat verlede jaar deel was van ons stigting se eerste liriekskrywingsprojek. Hierdie musiekkonsert het by die Suidoosterfees 2021 premiere en die gehoor gaande gehad. Foto’s deur Gys Loubser.

Breyten Treurnicht sit die noot hoog in.
Brumelda Bell neem die voortou.
Drome het vlerke het ‘n welverdiende staande ovasie ontvang.
Drome het vlerke se musikante het die gehoor op hulle voete gehad.
Gabriel Plaatjies van Hankey raak diep met sy rou en eerlike lirieke.
Naaim Briesies en Gabriel Plaatjies op die verhoog.
Naaim Briesies in die voorgrond, met sy span agter hom – Brumelda Bell, Breyten Treurnicht, Frazer Barry, Deniel Barry, Nico Klopper en Gabriel Plaatjies.