Julie 2020 was ’n besige en produktiewe maand by Paulet Huis met Andre Trantraal, Olivia M Coetzee, Jeremeo le Cordeur, Veronique Jephtas en Khadija Tracey Heeger wat aan hulle nuutste manuskripte kom werk het. Hierdie verblyfsprogram word aangebied in samewerking tussen die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans. Kyk hier saam deur Jeremeo le Cordeur se lens.
Op Maandag 29 April het Anastasia de Vries, Wannie Carstens en Willa Boezak met Michael le Cordeur oor die inklusiwiteit van Afrikaans gesels. Kyk na die LitNet-video van die gesprek.