Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

- Tema: Dis hoog tyd!
- Fees datums: 3 tot 11 Oktober 2026
- Plek: Stellenbosch
Met 444 items op een van die grootste kunstefeeste in Afrika, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer. Daar is klassieke en kontemporêre klanke wat die opelug, sale en die gemoed gaan vul, dans wat almal se taal praat, toneel met ’n lag en ’n traan, leefstyl, kuns en veilings, gesprekke, ’n skrywersprogram, iets vir die jongspan en fliekvlooie, asook die opvoedkundige Woorde Open Wêrelde (WOW)-fees.
Kaartjies vir die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees is nou aanlyn by Quicket te koop. Die volle program is aanlyn op ons webwerf beskikbaar by woordfees.co.za. Feesgangers is ook welkom om die kaartjiekantoor by Ryneveldstraat 37 in Stellenbosch te besoek vir bystand met kaartjiebesprekings.