Toyota Stellenbosch Woordfees 2026
Feesdatums: 3 tot 11 Oktober 2026
Met 444 items op een van die grootste kunstefeeste in Afrika, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer. Daar is klassieke en kontemporêre klanke wat die opelug, sale en die gemoed gaan vul, dans wat almal se taal praat, toneel met ’n lag en ’n traan, leefstyl, kuns en veilings, gesprekke, ’n skrywersprogram, iets vir die jongspan en fliekvlooie, asook die opvoedkundige Woorde Open Wêrelde (WOW)-fees.