Dankie virrie ongelooflike opportunity – Veronique Jephtas

Veronique Jephtas in Pauletstraat
© Jeremeo le Cordeur

Beste Pen Afrikaans – en Jakes Gerwel Stigting

Hoep hierie epos vind julle goed. Firstly, jamme’ virrie laat response. My mental state was op en af en ekke et elke dag maa’ net gedoen wat ek kon om deurie dag te kô.

Ekke wil begin deu’ vi’ julle baie dankie te sê virrie ongelooflike opportunity wat julle my gegierit. Dankie virrie gasvryheid en die ongelooflike diens wat ve’skaf is deu’ Avec Marie Catering. Aan Elsie, dankie. Aan Theo, baie dankie.

My tydjie innie Paulet Huis et my gevat waa’ ekkie noodwendig wou gan’ie. Mnetally en emoltionally, nou. Maa’, as skrywer issit half second nature om so ‘n warboel van emosie te voel. Ek is dankbaa’ die spasie kon my ytdaag en dare om myself in ‘n hoek te druk en daa te bly tot dat ek alles kn ytfigure. Fun fact: Ek ettie alles ytgefigure nie, maa’ ek iks darem halfpad daarso.

As skrywer kon ek groei, as mens van kleur, selfs nog meer. Ekke et in my litnet-onderhoud gesê, dat my tydjie innie Paulet Huis my geleer et dat ekke ienage iets ka’ doen as ek myself druk en krap waarit jik. Ekke was elke dag opgewonde om te skryf, skep en te skaaf. Ekke besefc watte amazing privilege ekke het en dat ekke die mag et om stories wat unheard of is te skryf, en daai is exciting.

As mens va’ kleur et ek geleer, ekke kannie anne mense se battles fight’ie. Ekke kan oek’ie hulle laste dra nie. Ekke kan it acknowledge, ekke kan erken ekke staan op hulle skoue’s, maa’ ekke issie minde’ deserving oo’ annere se judgement’ie. Ve’al nie as hullle nie gesien et watte harre wêk ingesit wôd’ie.

Veronique Jephtas
© Jeremeo le Cordeur

Dankie virrie opportunity om te sien dat dinge net gebeu’ as jy it lat gebeu’. Ekke et daai norrag gehad. Dankie virrie eerlike gesprekke en al’ie moeilike konfrontasies. Subtiel olf in jou gesig. Alles et my lat groei.

Ekke sit ‘n klein unedited stukkie uit ‘n storie, Sheltered Love, waa’aan ekke gewêk et, onne’aan.

 

Maa’ nou jaa, genoeg van my. . Hie’ is klȏ nice mense hie’ binne. Daai is Jefferey, hy sȇ hy et gebly in Chicago daa’ innie Paarl, so ek stick altyd met hom, wan’ daai mense wiet van baklei. Daai is Lisa. Ek het vi’ Lisa gesmaak. Kyk daa’, Lisa et ‘n lekke hol. Lisa sȇ sy et VIGS, maa’ miskien moet ek haa’ my ma et vigs gehad, dan sal sy miskien begin sien ek ve’staan haa’. Maa’ sy sê ek moenie my tyd met ieman’ môs met ieman wat vigs hettie. Sy sȇ ek moenie my liewe so weggooi nie, kinda weird, seeing dat ȏs oppie straat bly, maa ek mean sy is sieke reg, ek is oek important.

Daai is ie lady wat in charge is va’ ȏs. Miss Debra. Miss Debra kȏ elke dag half siewe hie’ in en daa gie sy vi’ ȏs ammel drukkies. Half siewe. Is kak vroeg. Maa’ orait,  ek moet sieke dankbaa’ wies dat ieman’ excited is om so ‘n klȏ  lonely bastards te sien elke dag. Sy preek altyd vi ȏs. Daai remind my aan my ouma. Keisha , my chommie wat ek gehad et op skool et drie jaa’ terug verby my geloep daa in Roelandstraat sy sȇ my ma et afgesterf. Meskien et sy gedink ek sal hys toe ga. Maa’ ek et my ma lankal ve’loo’. En sy hettie altyd ve’staan ‘ie.

Keisha en ek was ie top students in Afrikaans op skool. Weet jy, sy bring nog altyd vi’ my kos whenever sy in town toe kȏ. Sy worry haa’ sieke dood. Wan’ sy wiet ie wat met my gebeu’ et of waa’ ek nou issie. Dis ‘n first, ‘n homeless person wat worry oo’ iemand wat worry oo’ hom. Ek dink sy worry oo’ my. Ja, sy et altyd gesȇ ek is important vi’ haa, but sy gattie my life choices vi’ my maakie. Maa’ is anyway winter now. So meskien wiet sy ek sou shelter toe kô. Oh ja. Jy moet my stop as ek so baie praat.

Daai is Clayton. Nou hoo’ hie’ , ek en hy et ȏsself aangestel as ie janitors vannie straat. Is basically soes ‘n job.  Ek en hy et soms beurte gemaak, hy vat die nagskof en ek vang’ie dagskof, of annes om. Jy sal ve’baas wies watte’ klȏ dronk fights et ȏs al gestop innie nag daa buite by Kimberley’s Hotel. En daa in Zonnebloem, by die Fugard theatre, as ammel daa rykgatte daa ytkȏ, hoef hulle nie te worry oo’ klȏ gemors ie, cause ȏs et klaa’ ȏs dag se cleaning en shopping gedoen. So basically, is ek en Clayton essential. Wan’ as al ie geldgatte hulle geld gespend et, en hulle bananaskille innie slootjie geggooi et, en hulle bustikkets soes confetti gestrooi et, en hulle stain en cool drink gedrink et, en hulle borrels en blikkies innie pad gegooi et, en hulle visgraatbolle en vrot vrugte en stukkene boksies en papiere rondgegooi et, da’ kȏ ȏs, en maakie strate skoon, soe, ȏs is oek important.

Daai klink kwaai ne, Pieter Snyders se woorde. I guess ie Afrikaansgogga se byt was toe everlasting. Ekke gaan nou slaap. Jeffery kry nagmerries as ek soe laat wakker is. Jy moet oek gaan slaap. Is jou ee’ste aan’ hiesȏ, en soes ek gesȇ Miss Debra kȏ maak jou half siewe wakke’ met liefde, soe moenie moan oorie tyd nie, wies net dankbaa’ soes my ouma sou sê. Nag. 

 

Tot ‘n volgene kee’

Veronique