Writers on Writers: The Memoirists
Skrywersgesprek datum: 6 Oktober 2026
Dominique Olivier en Lidia Rauch ondersoek die moed wat nodig is om ingrypende persoonlike en historiese ervarings in prosa te omskep.
Dominique Olivier en Lidia Rauch ondersoek die moed wat nodig is om ingrypende persoonlike en historiese ervarings in prosa te omskep.
The Jacana Literary Foundation, together with Denis Hirson, is bringing back its highly successful memoir-writing workshops for a fourth time, but in a different way. Across four evenings, one each in September, October, November and December 2026, Denis will share his expertise in a series of engaging 90-minute online workshops. Each workshop session will focus on a different memoir before engaging in discussion with participants.
Kom ontmoet die kreatiewe span agter BobBob, die robo-meerkat, wanneer Bernard de Jager, illustreerder, en Heléne de Clercq, medeskrywer, leerlinge op ’n speelse reis van stories en prente neem. Hulle wys hoe idees ontwikkel van verbeelding tot boek, en hoe woorde en illustrasies saamwerk om stories tot lewe te bring.
Die PEN-skryfskool bied aan hoërskoolleerlinge én opvoeders die geleentheid om hul skryfvaardighede verder te ontwikkel. Deelnemers leer deur middel van praktiese werksessies hoe om hul idees duidelik te verwoord en hul eie skryfstem te ontdek. Ná die sessie kry leerlinge die geleentheid om ’n opstel te skryf wat vir die WOW & PEN-opstelkompetisie ingeskryf kan word, met die moontlikheid om later vanjaar by die WOW-galageleentheid erkenning te ontvang. Dit is ’n inspirerende ruimte waar nuwe skrywers kan groei en hul kreatiwiteit kan ontgin.
Kom kuier met ’n uitgewer is ’n aanlyn seminaar met kenners uit die uitgewersbedryf. Dit bied waardevolle insig vir skrywers wat wonder wat die volgende stap met hul manuskrip is. Gesels saam met twee ervare uitgewers in ’n gesprek gefasiliteer deur nog ’n kenner uit die bedryf, en kry antwoorde op jou vrae.
Het jy ’n kop vol gedagtes en ’n liefde vir mooi woorde? Droom jy daarvan om jou eie gedigte te skryf, maar weet nie mooi waar om te begin nie? Of skryf jy reeds gedigte en wil jy jou vaardighede verder opskerp? Dan is Skryfnet se heel eerste Skryf ’n gedig-werkswinkel net vir jou!
Skryf ’n Liefdesverhaal is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale. Dis ontwikkel deur die gesoute boekeredakteur, Madri Victor, en word aangebied deur die bekroonde skrywer, Elsa Winckler. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om ’n boeiende verhaal te skryf en ook ’n sertifikaat ontvang.