Loading Events

« All Events

Skryfnet: Skryf ’n gedig

28 September 2026
Skryfnet: Skryf 'n gedig

Skryf ’n gedig is ’n praktiese kursus vir enigiemand wat belangstel in poësie.

Die kursus is ontwikkel en word ook gefasiliteer deur die bekroonde digter en vertaler Daniel Hugo uit wie se pen reeds 16 digbundels verskyn het – die jongste is Klinkklaar (2021). Daniel het ’n doktorsgraad in vernufspoësie, het ’n ATKV-Woordveertjie vir sy jongste digbundel ontvang en is al twee keer deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy vertaalwerk uit Nederlands bekroon.

Die Skryf ’n gedig-kursus word oor ses weke op Skryfnet se aanlyn leerplatform aangebied en enigeen wat met woorde wil woeker, is welkom om in te skryf. Benewens twee aanlyn sessies, kry deelnemers ook elke week toegang tot ’n nuwe tema se leermateriaal, asook individuele terugvoer van die fasiliteerder op praktiese oefeninge.

Aan die einde van die kursus sal jy toegerus wees met kennis en praktiese vaardighede om met selfvertroue verse te skryf.

Die kursus is soos volg gestruktureer:

  • Week 1: Inleiding en oriëntering
  • Week 2: Wat is ’n gedig?
  • Week 3: Waar kom gedigte vandaan?
  • Week 4: Verskillende soorte gedigte
  • Week 5: Klank en beeldspraak
  • Week 6: Afsluiting

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met ’n sertifikaat van Akademia.

  • Formaat: Aanlyn
  • Tydsduur: 6 weke
  • Prys: R2 700
  • Werkslading: Ongeveer 4 ure per week
  • Datums: 28 September 2026

Vir enige navrae kontak Skryfnet via navrae@skryfnet.co.za

Klik hier vir meer inligting.

Details

Organizer