Skryfnet: Skryf ’n draaiboek vir kortfilm-werkswinkel
4 September 2026

Skryf ʼn draaiboek vir kortfilm-werkswinkel is ’n 6-ure kontaksessie by Maroela Media se kantore in Pretoria vir enigiemand wat graag die draaiboek wat op hulle rak lê wil gereed kry om voor te lê vir verfilming. Hoewel dit die Skryf ’n draaiboek vir kortfilm-kursus aanvul, sal diegene wat nie aan die kursus deelgeneem het nie steeds by die werkswinkel baat.
- Formaat: Kontaksessie
- Datum: 5 September 2026
- Tydsduur: 09:00 tot 15:00
- Plek: Voortrekkermonument, Pretoria
- Gemik op: Enigiemand wat kortfilmdraaiboeke wil skep en voorlê vir verfilming
- Prys: R950
Inskrywings vir hierdie werkswinkel sluit op 4 September 2025.