Radiodramaskryfkompetisie
Sluitingsdatum: 31 Julie 2025
RSG bied met trots die 29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie aan. Tydens die kompetisie kry skrywers die geleentheid om hul hand te waag aan ’n radiodrama. Die kompetisie is uniek omdat dit aan skrywers gratis hulpbronne verskaf. RSG is ook opgewonde dat daar weer in 2025 in samewerking met die ATKV gratis slypskole in Johannesburg en Kaapstad aangebied word. Deelnemers sal ook die opname van ’n kort radiodrama kan bywoon en kenners sal die fynere kunsies van ’n radiodrama skryf, deel.