Loading Events

« All Events

Woordfeeskortverhaalkompetisie 2025

1 April 2025

Woordfeeskortverhaalkompetisie 2025

Skryf nou in vir die 10de Stellenbosch Woordfeeskortverhaalkompetisie en wen dalk R30 000 met die komplimente van EasyEquities.

Hoewel die bundel die feestema as titel sal hê, hoef skrywers dit nie as tema vir die verhaal te gebruik nie. Die tema van die verhaal word geheel en al aan die skrywer oorgelaat. Daar sal ongeveer 25 verhale vir die bundel gekies word. Die skrywer van die wenverhaal wen prysgeld van R30 000 en die skrywers wat in dié bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 ontvang. Prysgeld is slegs in ZAR betaalbaar, en bundeleksemplare sal net binnelands per koerier gestuur word.

Die kompetisie is oop vir alle skrywers. Slegs Afrikaanse kortverhale sal aanvaar word. Die verhaal moet ’n minimum van 1 500 woorde lank wees, met 3 000 as die maksimum woordtelling. Verhale moet nuutgeskryf wees en nie voorheen op enige platform gepubliseer wees nie. Slegs een inskrywing word per skrywer aanvaar.

Keuring word streng anoniem gedoen. Die skrywer se naam en kontakbesonderhede moet op die aanlyn inskrywingsvorm ingevul word, maar nie by die verhaal ingesluit word nie. Slegs die titel moet duidelik sigbaar boaan die verhaal verskyn, ten einde anonieme keuring te verseker. Verhale moet in MS Word-formaat aangebied word en elke bladsy moet genommer wees. Gebruik slegs die titel van die verhaal as titel van die dokument (file name). Let wel: Geen PDF’s sal aanvaar word nie.

Sluitingsdatum: 1 April 2025, 17:00. Ontvangs van inskrywings sal vanaf 15 Januarie 2025 binne drie werksdae bevestig word.

Klik hier vir die aanlyn inskrywingsvorm.

Klik hier vir meer inligting.

Details

Date:
1 April 2025
Event Category:
Website:
https://woordfees.co.za/kortverhaal-kompetisie/

Organizer

Toyota US Woordfees
Email
woordfeesbemarking@sun.ac.za
View Organizer Website