As jy ’n skrywer is, is dit belangrik om jou eie skryfwerk te redigeer. Dit skep ’n goeie indruk wanneer jy ’n skoon teks voorlê vir publikasie. Dit is egter nie altyd so maklik om jou eie kreatiewe skryfwerk te redigeer nie. Miskien is Viva se redigeringswerkwinkel juis die perfekte aanlyn werkwinkel vir jou!
In die redigeringswerkwinkel kyk deelnemers saam met VivA se voormalige taaladviseur, Sophia Kapp, na makroredigeringskwessies soos genrekonvensies, struktuur en verwysings, mikroredigeringskwessies soos styl, formatering, taalgebruik en interpunksie, en die K3-model as ’n praktiese hulpmiddel by redigering.
Werkwinkel besonderhede:
Daar moet vooraf geregistreer word om hierdie werkwinkel by te woon. Vir meer inligting oor hierdie werkwinkel of om te bespreek vir die volgende werkwinkel, kan belangstellendes ’n e-pos stuur na navraag@viva-afrikaans.org.