Loading Events

« All Events

The Talking Table: Gevorderde Afrikaanse Skryfskool

26 February 2024 - 3 March 2024

Het jy ’n roman, kortverhaalbundel of verhalende nie-fiksie in wording of wat reeds voltooi is?

Frederik de Jager kan jou by The Talking Table in Stilbaai help om dit te evalueer, kreatiewe knope deur te hak, styl- en verhaaltegniese kwessies uit te stryk en strategieë uit te werk vir die voltooiing, voorlegging en publikasie daarvan.

Oor ses dae werk ons – Frederik, jy en nog vier skrywers – intensief aan jou boek in ’n klassieke seehuis reg op die strand. Soggens praat ons in groepsessies saam oor probleme wat almal gemeen het, en smiddae sit Frederik met elke skrywer koppe bymekaar oor hulle eie boek en hoe om dit reg te maak, beter te maak, die beste te maak. Elke skrywer kry twee individuele sessies in die loop van die ses dae, met remediërende skryfoefeninge.

Die omgewing by The Talking Table is ontspanne, gesellig en uiters simpatiek vir die broosheid en onsekerhede van die skeppingsproses. Almal woon saam in een van die ou, tradisionele houtstrandhuise reg op die see. Die gashere kook heerlike kos – ’n ruim ontbyt soggens en ’n hartlike langtafel elke aand, en jy sit boonop aan vir die beste geselskap.

Frederik de Jager is een van die mees ervare boekredakteurs en -uitgewers. Hy het talle bekroonde skrywers se boeke gehelp gebeur, en is self ’n bekroonde skrywer. Van deelnemers aan hierdie werkswinkel is daar reeds vier boeke gepubliseer.

Die werkswinkel is van 26 Februarie tot 3 Maart 2024 in Stilbaai.

Om in te skryf, stuur jou deposito saam met een van die volgende, nie later nie as 12 Januarie 2024, vir keuring: die volledige manuskrip of soveel daarvan as wat jy voltooi het, saam met ’n kort opsomming van of jou plan vir die onvoltooide deel. Om jou plek te verseker, en vir die beste aandag aan jou teks, is dit raadsaam so gou moontlik in te skryf – enige tyd van nou af.

Die koste is R15 500 per persoon, met ’n deposito van R7 500 by inskrywing met indiening van manuskrip.

Dit sluit verblyf, twee maaltye per dag en kursusgeld in.

Vir navrae en om in te skryf, skryf aan Douw by info@thetalkingtable.com. ​

Details

Start:
26 February 2024
End:
3 March 2024
Event Category:

Organizer

The Talking Table
Email
info@thetalkingtable.com
View Organizer Website