Loading Events

« All Events

The Talking Table: Afrikaanse Draaiboekskryf met Louis Pretorius

11 March 2024 - 17 March 2024

Een van die suksesvolste Afrikaanse TV-skeppers van ons tyd, die bekroonde Louis Pretorius, lei hierdie werkswinkel op Oulap. Dit is Oulap wat legendariese filmmaker Jans Rautenbach saam met sy vrou Almeri in die Klein Karoo gebou het.

Jy kan van 11 tot 17 Maart 2024 op Oulap by Louis leer draaiboeke skryf. Dit sal die vyfde keer wees dat hierdie briljante werkswinkel aangebied word.

Die mikpunt van die werkswinkel is dat jy na ses dae ’n goeie wegspringpunt het vir ’n volledige TV-drama- of komedievoorstel.

Ons kyk na die hele TV-skryfproses aan die hand van die basiese boustene. Ons bespreek kreatiwiteit in televisie met die klem op struktuur, logika en sielkundige motivering. Ons leer uit die verskil tussen film, drama en TV om die unieke aard van stories vir televisie te verstaan. Dit alles word saamgetrek binne die spesifieke projek waaraan elke deelnemer werk. Ons lees voorbeeldtekste, kyk video’s en voer oop gesprekke.

Die werkswinkel is geskik vir sowel beginners as meer ervare skrywers. Ons vorm en skaaf dít waaroor elke deelnemer reeds beskik en gee vingeroefeninge om jou gewoond te maak aan die spesifieke uitdagings van skryf vir TV.

Ses dae in die asemrowende Klein Karoo waar The Talking Table se gashere jou tot in die afgrond bederf terwyl jy leer by die beste. Jy sal daar wegstap met ’n goeie wegspringpunt vir ’n volledige TV-drama- of komedievoorstel, asook die saadjie vir ’n loodsteks.

Dalk is dit jou eenmaal-in-’n-leeftyd-kans. In elk geval is dit ’n salige wegbreekkans met goeie geselskap en goeie kos op ’n asemrowende plek.

As jy wil deelneem, e-pos ons by info@thetalkingtable.com.

Kostes

Enkelkamer: R15 500
Dubbelkamer: R13 500

Prys sluit die kursusfooi, jou etes, asook die verblyf vir 6 dae in. ’n 50%-deposito is betaalbaar by bespreking.

Details

Start:
11 March 2024
End:
17 March 2024
Event Category:

Organizer

The Talking Table
Email
info@thetalkingtable.com
View Organizer Website