Loading Events

« All Events

Skryfnet Kursus: Skryf ’n gedig

29 September 2025

Skryfnet Gedig

Dié ses weke lange kursus is ontwikkel en word gefasiliteer deur die bekroonde skrywer Daniel Hugo. Die kursus is geskik vir enigiemand wat belangstel in die digkuns en is op aanvraag van die publiek geskep.

Oor hierdie tydperk kyk deelnemers na wat ’n gedig ís, waar gedigte vandaan kom, verskillende soorte gedigte – en ook hoe jy klank en beeldspraak kan gebruik om beter gedigte te skryf. Aan die einde van die kursus sal jy toegerus wees met kennis en praktiese vaardighede om met selfvertroue verse te skryf.

Die kursus is soos volg gestruktureer:

  • Week 1 Inleiding en oriëntering
  • Week 2 Wat is ’n gedig?
  • Week 3 Waar kom gedigte vandaan?
  • Week 4 Verskillende soorte gedigte
  • Week 5 Klank en beeldspraak
  • Week 6 Afsluiting

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer. Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met ’n sertifikaat van Akademia.

  • Formaat: Aanlyn
  • Tydsduur: 6 weke
  • Prys: R2 700
  • Werkslading: Ongeveer 4 ure per week
  • Datum: 29 September 2025 tot 10 November 2025

Klik hier vir meer inligting.

Details

Date:
29 September 2025
Event Category:
Website:
https://www.skryfnet.co.za/

Organizer

Maroela Media en Akademia
Email
winkel@akademia.ac.za
View Organizer Website