RSG, in samewerking met die ATKV, is verheug om die bekendstelling van die RSG Radiodramaskryfkompetisie aan te kondig.
Dit is die 28ste agtereenvolgende jaar wat die kompetisie aangebied word. Hierdie gesogte kompetisie bied ’n platform vir talentvolle skrywers om hul kreatiwiteit ten toon te stel en hul stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio.
Pryse:
Wenradiodramas sal nie net kontantpryse ontvang nie, maar ook die eer hê om in 2025 op RSG uitgesaai te word en ’n wye gehoor regoor die land te bereik.
Die volle spektrum van Afrikaans se variëteite kan gebruik word. Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat. Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees – ’n maksimum van 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydreëls getik is. ’n Maksimum van sewe karakters word toegelaat. Die kompetisie sluit 30 Junie 2024.