Loading Events

« All Events

NB-Uitgewers Jeugboekpryse 2023

30 November 2023

Sluitingsdatum: 30 November 2023

NB-Uitgewers se drukname Human & Rousseau en Tafelberg nooi skrywers uit om in te skryf vir die Jeugboekpryse 2023. Skryf ’n jeugboek of kinderboek en staan ’n kans om R50 000 te wen!

  • Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë: Eerstens vir manuskripte vir lesers 8 tot 12 jaar oud (tot ongeveer 20 000 woorde) en tweedens vir tiener- of jongvolwasseneverhale (tot ongeveer 50 000 woorde) in Afrikaans vir lesers ouer as 13 jaar.
  • Die prysgeld is R50 000 vir die wenner-kinderverhaal en R50 000 vir die wenner-jongvolwassene- of tienerverhaal.
  • NB-Uitgewers se drukname Tafelberg en Human & Rousseau onderneem om die twee wenners se boeke te publiseer en behou ook die eerste opsie om enige van die ander inskrywings te publiseer.
  • Inskrywings moet per e-pos gestuur word na Astrid.vanStaden@nb.co.za. Manuskripte moet in MS Word-formaat, in dubbelspasiëring en ’n leesbare lettertipe en -grootte (bv Times New Roman 12pt) voorgelê word, met die bladsye genommer.
  • Elke inskrywing moet vergesel word van ’n getekende inskrywingsvorm.

Verdere inligting en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.

Details

Date:
30 November 2023
Event Category:
Website:
https://www.nb.co.za/en/blog/f91ee81dad194c7baebd22058f661f5e

Organizer

NB-Uitgewers
Email
Astrid.vanStaden@nb.co.za
View Organizer Website