Loading Events

« All Events

LAPA-Jeugromankompetisie 2025

30 November 2025

2025 Lapa Jeugromankompetisie

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om al daai wonderlike stories wat die wêreld vol lê, op te raap, neer te skryf en met hulle en hul lesers te deel.

Die prysgeld is as volg:

  • Prys vir merkwaardige jeugverhaal: R30 000
  • Naaswenner: R15 000
  • Naaswenner: R15 000

Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees en gemik wees op lesers tussen 11 en 18 jaar oud.

Volg die onderstaande riglyne om die verhaal te struktureer:

  • Jeugromans vir jonger tieners (11-13 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 25 000 en 30 000 woorde lank. Voorbeelde isdie Thomas@-reeks deur Carina Diedericks-Hugo, ʼn Goeie dag vir boomklim deur Jaco Jacobs en Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit deur Nerine Ahlers.
  • Tienerfiksie (13-15 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 30 000 en 45 000 woorde lank. Voorbeelde is Z-A-K: Die Blou Planeet deur Theresa van Baalen, As mens geluk kon proe deur Zelda Bezuidenhout en Dit het alles begin by ’n hond deur Annelie Ferreira.
  • Jongvolwassenefiksie (15-18 jaar). Manuskripte vir hierdie ouderdomsgroep is tussen 45 000 en 70 000 woorde lank. Voorbeelde is Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, Oopmond deur Jan Vermeulen en Uitverkies deur Noreen Nolte.

Stuur dit aan lapacompetitions@penguinrandomhouse.co.za met “Jeugromankompetisie” en jou manuskrip se naam as onderwerp.

Inskrywings sluit 30 November 2025. Wenners sal op die laaste in April 2026 bekendgemaak word.

Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting. Maak seker jy bestudeer die kompetisiereëls goed.

Details

Date:
30 November 2025
Event Categories:
,
Website:
https://www.lapa.co.za/kompetisiereels-lapa-jeugromankompetisie-2025

Organizer

LAPA Uitgewers
Email
lapacompetitions@penguinrandomhouse.co.za
View Organizer Website