Loading Events

« All Events

Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool

16 May 2024

Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool aangebied deur Dr Mia Oosthuizen / Die Breytenbach Galery

Die Breytenbach Galery en Dr Mia Oosthuizen bied vanjaar hul derde Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool aan. Hierdie omvattende kursus duur 12 maande en bied aan skrywers die unieke geleentheid om aan die hand van gespesialiseerde hulp jou storie-idee te ontwikkel tot ’n afgeronde manuskrip, reg vir voorlegging aan ’n uitgewershuis.

Teen net R2 000 per maand kan jy jou skryfdrome vlerke gee en jou naam op boekrakke sien.

Die kursus begin op Saterdag 25 Mei 2024. Die koste sluit in:

  • Kursusmateriaal
  • Een kontaksessie per maand op ’n Saterdag by die Breytenbach Galery op Wellington
  • Koffie, tee en middagete
  • Persoonlike en deurlopende terugvoer op skryfwerk
  • Gassprekers soos van toepassing

Naas die skryfoefeninge en kreatiwiteitsoefeninge wat skrywers elke maand tydens die kontaksessie voltooi, moet jy ook gedurende die maand ’n meer omvattende skryfopdrag voltooi. Dr Mia gee aan elke skrywer terugvoer aan die hand van ’n leesverslag, spoorveranderinge en notas.

Kyk net na die sukses van die kursus se alumni:

  • Madelein Venter kom tweede in LitNet se Wetenskapfiksie-kompetisie (2024).
  • Troula Goosen kom derde in LitNet se Wetenskapfiksie-kompetisie (2024).
  • Elsibe McGuffog publiseer in 2023 Katja se kattesalon, en het ’n aantal manuskripte reg vir publikasie na die skryfskool.
  • Pieter van Zyl gaan van krag tot krag met sy joernalistieke werk, het reeds ’n manuskrip voltooi en werk aan ’n volgende een.
  • Jeaneldé Mouton is ’n naam wat jy moet dophou!

Daar is plek vir 12 kursusgangers, so moenie wag nie.

Stuur iets wat jy geskryf het saam met ’n motivering oor hoekom jy die skryfkursus wil bywoon voor of op 16 Mei 2023 na Dr Mia Oosthuizen (miaoosthuizen@gmail.com)

Details

Date:
16 May 2024
Event Category:

Organizer

Breytenbach Galery
Email
info@breytenbachsentrum.co.za
View Organizer Website