Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2024

8 November 2023

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die agtste toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs.

Hierdie beurs, befonds deur ’n ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil hoofsaaklik ’n belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ’n jaar lank te fokus op ’n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees.

Die beurs beloop R500 000. Dit word toegeken in die gees van Jan Rabie en Marjorie Wallace se werk en strewe ten opsigte van Afrikaans as die taal van ’n breë gemeenskap.

Klik hier vir nog inligting.

Organizer

University of the Western Cape
Email
rabiewallacebeurs@gmail.com
View Organizer Website