Loading Events

« All Events

INK Dig- en Skryfkompetisie 2024

31 May 2024

INK Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog-bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik Inkspraak 5, Inkspraak 5 Jeug, en Inkspraak 5 Kortverhale.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehaltepoësie en -kortverhaalkuns in Afrikaans.

Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Dit is ’n internasionale kompetisie en is nie slegs vir INK-lede nie.

  • Digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Die inskrywingsfooi beloop R40 per gedig.
  • Kortverhaalskrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies. Inskrywingsgeld beloop R60 per kortverhaal.
  • Skoliere (jeug – persone 18 jaar en jonger) kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Die inskrywingsgelde beloop R40 per gedig en R60 per kortverhaal.

Klik hier vir die volledige kompetisie-inligting.

Organizer

INK Skryf in Afrikaans
View Organizer Website