Loading Events

« All Events

Die Toyota Stellenbosch Woordfees: Nagtegaal-teksprys

7 February 2025

Woordfees nagtegaal teksprys (1)

Goeie nuus aan alle dramaturge: Die gesogte Nagtegaal-teksprys herleef ná 15 jaar in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees en daar is groot pryse op die spel. Die drie wenners ontvang onderskeidelik R100 000, R50 000 en R25 000 wat dit die grootste kompetisie van sy soort in die land maak.

Die algehele wenner ontvang naas prysgeld, ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks. Die Toyota Stellenbosch Woordfees behou die reg voor om die stuk op te voer as deel van die 2025- of 2026-fees.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is op soek na nuwe tekste van 60 tot 90 minute lank wat teater as medium vir sosiale impak en kohesie verken, en tradisionele beskouings uitdaag en verruim. Diversiteit in rolverdeling is ’n vereiste en moet by die teks ingeskryf wees, en nie aan die diskresie van die regisseur oorgelaat word nie. ’n Sterk narratief, verhoogmatigheid, ’n eksperimentele benadering en literêre meriete is kriteria wat beoordelaars sal oorweeg.

Met die Toyota Stellenbosch Woordfees-gehoor in gedagte, word ’n premie geplaas op tekste wat ten minste 50% Afrikaans is. Kreatiewe gebruik van meertaligheid word egter sterk aanbeveel. Rolverdelings van hoogstens sewe spelers is nie ’n vereiste nie, maar verhoog die opvoerbaarheid van jou stuk.

Slegs Suid-Afrikaanse burgers mag inskryf. Vertalings, verwerkings en herwerkings van bestaande werke, sowel as musiekblyspele en kinderteatertekste, sal nie oorweeg word nie. Deelnemers mag slegs een teks vir oorweging instuur. Skrywers mag saam aan ’n teks werk en outeurskap deel. Tekste langer as 20 000 woorde sal nie oorweeg word nie.

Sluitingsdatum: Inskrywings wat later as 17:00 op 7 Februarie 2025 ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie.

Vir enige navrae, kontak Candice Jantjies by candice@woordfees.co.za.

Voltooi die aanlyn aansoekvorm hier.
Klik hier vir meer inligting.

Organizer

Toyota US Woordfees
Email
woordfeesbemarking@sun.ac.za
View Organizer Website