Loading Events

« All Events

Nagtegaal-teksprys 2026

15 January 2026
Nagtegaal-teksprys herleef

Inskrywings vir die gesogte Nagtegaal-teksprys vir 2026 word nou ingewag. Dit is die grootste kompetisie van sy soort in Suid-Afrika en word in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees aangebied.

Die wenner ontvang R100 000, mentorskap en ondersteuning met finale afronding van die teks, asook die moontlikheid van ’n speelvak by die 2026- of 2027 Toyota Stellenbosch Woordfees. Die twee naaswenners ontvang onderskeidelik R50 000 en R25 000.

*Die Toyota Stellenbosch Woordfees behou die reg voor om die wenteks in 2026 of 2027 op te voer.

Waarna soek die Nagtegaal-teksprys?

Met die Nagtegaal-teksprys is die Toyota Stellenbosch Woordfees op soek na nuwe tekste van 60 tot 90 minute lank wat teater as medium vir sosiale impak en kohesie verken, en tradisionele beskouings uitdaag en verruim. ’n Sterk narratief, verhoogmatigheid, ’n eksperimentele benadering en literêre meriete is kriteria wat beoordelaars sal oorweeg.

Met die Toyota Stellenbosch Woordfees-gehoor in gedagte, word ’n premie geplaas op tekste wat ten minste 50% Afrikaans is. Kreatiewe gebruik van meertaligheid word egter sterk aanbeveel. Rolverdelings van hoogstens sewe spelers is nie ’n vereiste nie, maar verhoog die opvoerbaarheid van jou stuk. Dui ook ten minste twee voorkeurregisseurs vir die verhoogstuk in jou inskrywing aan.

Let wel: Tekste korter as 15 000 woorde sal nie oorweeg word nie, asook nie tekste langer as 20 000 woorde nie. Slegs Suid-Afrikaanse burgers mag inskryf. Deelnemers mag slegs een teks vir oorweging instuur. Dit sluit enkelouteur- of gedeelde outeurskap in.

Sluitingsdatum: 15 Januarie 2026 om middernag.

Vir enige navrae, kontak Candice Jantjies by candice@woordfees.co.za.
Klik hier vir meer inligting.

Details

Organizer