Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Die Chris Barnard-prys vir kortverhale

10 August 2024

Die Chris Barnard Prys

Suid-Afrikaanse en Namibiese burgers word genooi om deel te neem aan die Chris Barnard-prys vir kortverhale.

Pryse:

  • Die hoof wenner ontvang R 2000, werk gepubliseer in ’n bloemlesing en ’n toekenningsertifikaat.
  • Die eerste naaswenner ontvang R 1000, werk gepubliseer in ’n bloemlesing en ’n toekenningsertifikaat.
  • Die tweede naaswenner ontvang R 500, werk gepubliseer in ’n bloemlesing en ’n toekenningsertifikaat.

Alle ingediende werke moet oorspronklike en ongepubliseerde werke wees. Tekste wat voorgelê word aan Die Chris Barnard-prys moet in Afrikaans geskryf word (vertalings kom nie in aanmerking nie). Die woordbeperking vir ingediende werke is minimum 1500 tot maksimum 2500 woorde. Slegs drie tekste per deelnemer is toelaatbaar.

Voorheen gepubliseerde outeurs mag tekste inskryf en enige deelnemer wat nog minderjarig is benodig die toestemming van ’n ouer of voog om aan die wedstryd deel te neem.

Inskrywings is gratis.

Om in te skryf, kan jy een van dié opsies kies:

  1. Klik op dié skakel om jou werk en persoonlike inligting op te laai: https://form.jotform.com/zalmansd1/diechrisbarnardprys
  2. Vul die inskrywingsvorm in: https://docdro.id/anL3VTO (Dié vorm bevat ook al die reëls en regulasies van die kompetisie).
  3. Stuur ’n e-pos met jou inskrywing(s), sinopsis en inligting oor jouself na cbarnardprys@gmail.com.

Sluitingsdatum: 10 Augustus 2024

Aankondiging van wenner: 2 September 2024

Klik hier vir meer inligting.

Details

Date:
10 August 2024
Event Category:
Website:
https://www.facebook.com/chrisbarnardprys

Organizer

Die Chris Barand-Prys
Email
cbarnardprys@gmail.com
View Organizer Website