Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

ATKV-Slypskool in die skryf van jeugverhale

5 July 2024

ATKV-Slypskool 2024

Hoe kry ’n mens die storie geskryf wat in jeugdige lesers se koppe bly maal? Met watter verhaalboustene gaan jy te werk, en hoe, as jy ’n geslaagde verhaal wil skep? Wat kan jy doen om die kanse te verbeter dat jou verhaal vir publikasie aanvaar sal word?

Skryf in vir die ATKV-Skryfskool se verhaalslypskool om meer te wete te kom. Die slypskool vorm deel van die Vrystaatse Kunstevees en word aanbied deur Hannes Barnard. Barnard het sedert 2019 reeds vier spannende romans vir jeugdiges en jong volwassenes die lig laat sien, maar ook ’n misdaadroman. Hy weet waarvan hy praat as dit oor boeiende skryfwerk gaan.

  • Koste: R200
  • Plek: Equitas-gebou op kampus (Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein)
  • Wanneer: 5 Julie 2024
  • Tyd: 09:00 tot 13:00

Koop jou kaartjies op webtickets.

Vir meer inligting of navrae, kontak gerus vir Maritsa Barlow by mbarlow.litfees@gmail.com.

Klik hier vir meer inligting.

Organizer

ATKV
Email
atkv@atkv.org.za
View Organizer Website