Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

ATKV-DigiSkryf 2024

27 June 2024

ATKV se Digiskryf 2024

Of jy jou bevind in ’n snikhete Upington, die Eiffeltoring bewonder in die Franse hoofstad, die Vrystaatse stof inasem of smul aan pasta van ’n Italiaanse “mama” – as jy lief is vir Afrikaans en skryf, dan is ATKV-DigiSkryf net vir jou.

Dié kompetisie is vir oud en jonk, en gee jou die geleentheid om met jou kreatiwiteit en skryftalent te spog.

Nie net sal die wenners se werk op een van die ATKV-platforms ten toon gestel word nie, maar daar is ook fantastiese boekpryse op die spel.

Daar kan uit die volgende temas gekies word:

  • Seisoene
  • Liewe dagboek
  • Die snaakste van alles…

Kategorieë:

  • Graad 4 en 5: 120 tot 160 woorde
  • Graad 6 en 7: 150 tot 200 woorde
  • Graad 8 en 9: 250 tot 350 woorde
  • Graad 10 tot 12: 300 tot 500 woorde
  • Studente: 350 tot 500 woorde
  • Volwassenes (25 tot 59 jaar): 350 tot 500 woorde
  • Senoir burgers (60 jaar en ouer): 350 tot 500 woorde

Inskrywingsfooi: R120

As jy voor of op 10 Junie 2024 inskryf en betaal, betaal jy die verminderde bedrag van R100 per inskrywing.

Alle inskrywings sluit op 27 Junie 2024. Deelnemers mag meer as een keer inskryf met ’n ander skryfstuk. Elke skryftuk moet oor een van die temas handel en ook ’n oorspronklike titel hê. Slegs oorspronklike skryfstukke mag ingeskryf word.

Kontak vir enige navrae kontak vir Melanie Marais: melaniem@atkv.org.za.

Klik hier vir meer inligting.

Details

Date:
27 June 2024
Event Category:
Website:
https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digiskryf/

Organizer

ATKV
Email
atkv@atkv.org.za
View Organizer Website