Loading Events

« All Events

ATKV: DigiGedigte

17 October 2025

Wag daar diep in jou binneste ’n gedig wat jy net in jou geliefde moedertaal kan uitdruk? Woordkinders, gee jou poësie-pennevrugte vlerke deur in te skryf vir hierdie digitale kompetisie, ATKV-DigiGedigte.

Of jy hou van paarrym, omarmde rym of eerder met die vrye vers woeker, ATKV-DigiGedigte en die hele wêreld wag op jou digterlike vernuf!

Tema: Hieronder is drie breë temas en jy kan oor enige aspek van hierdie temas skryf.

  • Mense
  • Ons wêreld
  • Spore

Kategorieë: (Daar is aparte kategorieë vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal)

  • Graad 6 en 7: 5 tot 10 (vers)reëls
  • Graad 8 en 9: 10 tot 20 (vers)reëls
  • Graad 10 tot 12: 10 tot 30 (vers)reëls
  • Volwassenes: 10 tot 35 (vers)reëls

Gedigte moet in Afrikaans geskryf wees. Die gedigte moet ’n title hê. Die title moet ook mooi pas by die inhoud van die gedig. Die temas mag meskien alledaags wees, maar jy kan op jou eie unieke manier daaroor skryf. Die gedigte hoef nie te rym nie, maar rymgedigte is ook welkom. Gebruik dinge soos beelde, vergelykings en treffende woorde wat jy self ook kan skep. Hou by die minimum en maksimum versreëls.

Inskrywingsgeld en sluitingsdatum:

  • Die inskrywingsgeld beloop R120 per gedig.
  • As jy voor of op 19 September 2025 inskryf en betaal, betaal jy die verminderde bedrag van R100 per gedig.
  • Alle inskrywings sluit op 17 Oktober 2025.

Vir enige navrae kontak Melanie Marais by melaniem@atkv.org.za.

Klik hier vir meer inligting.

Details

Date:
17 October 2025
Event Category:
Website:
https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digigedigte/

Organizer

ATKV
Email
atkv@atkv.org.za
View Organizer Website