Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Aanlyn kursus oor die skryf van teaterresensies

1 July 2024

Pen Afrikaans Teaterresesnsie kursus

PEN Afrikaans se aanlyn kursusse het al ’n instelling op hul jaarprogram geword en vanjaar bied hulle in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) ’n aanlyn kursus oor die resensering van teaterproduksies aan.

Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, beskryf teaterresensies as ’n uiters waardevolle deel van die teater-ekosisteem: “Dit dien as merker in tyd, omdat dit wat ons doen so vlietend is. Juis vanweë daardie vlietendheid het gehore hulp nodig om te besluit of hulle na ’n produksie gaan kyk of nie. Dis soms ’n ongemaklike verhouding wat bestaan tussen kunstenaar en resensent, maar dit is noodsaaklik. En NATi is PEN Afrikaans dankbaar vir die geleentheid om hier betrokke te raak.”

Op Saterdag 27 Julie kan belangstellendes inskakel vir dié aanlyn resensiekursus wat deur die kundige en ervare vryskut kunsjoernalis, Diane de Beer, aangebied sal word. Sy is ook die stem en dryfkrag agter die gewilde blog De Beer Necessities (https://debeernecessities.com/).

De Beer beplan om op geselstrant en vanuit jare se ondervinding saam met kursusgangers te besin oor die resensiepraktyk waar dit by teater kom. Wat benodig die resensent? Hoe berei ’n mens voor? Waarteen moet jy waak? Wat is die resensent se posisie in die kunsbedryf?

Deelnemers sal ook die geleentheid hê om vooraf ’n opname van die wyd bekroonde toneelstuk Rooiland, met teks deur Tertius Kapp en regie deur Jaco Bouwer, te kyk, te resenseer en as deel van die kursus ook terugvoer oor hul resensies te kry.

Kontak Pen Afrikaans by penafrikaans@gmail.com om jou plek te reserveer. Daar is slegs 20 plekke beskikbaar en inskrywings sluit 1 Julie. Die koste beloop R200 per persoon, maar daar is beurse beskikbaar vir gratis bywoning.

Klik hier vir meer inligting.

Organizer

PEN Afrikaans
Email
penafrikaans@gmail.com
View Organizer Website